Italië (Italiaans: Italia, [iˈtaːlja], ), amptelik die Italiaanse Republiek (Repubblica Italiana, [reˈpubblika itaˈljaːna]), is 'n land in Suid-Europa wat – naas die Povlakte in Noord-Italië – grotendeels uit die stewelvormige Appenyne-skiereiland sowel as twee groot eilande in die Middellandse See bestaan: Sisilië (Sicilia) en Sardinië (Sardegna). Daarbenewens behoort kleiner eilande in die Middellandse See soos Capri en Elba ook tot Italië. Die land het 'n gematigde Sentraal-Europese klimaat in die noorde en 'n Mediterreense in die suidelike landsdele.
duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Italië in Maart 2003 duimnael|links|Die Alpynse meer Lago Maggiore op die grens tussen Italië en Switserland duimnael|links|Jong meisies in die tradisionele kleredrag van Ovodda, Sardinië duimnael|links|'n Lamborghini Gallardo van Italië se padpolisie en snelwegpatrollie Polizia Stradale (wat deel uitmaak van die Staatspolisie of Polizia di Stato) Aan die noordekant word dit begrens deur die Alpe, en grens aan Frankryk in die noordweste, Switserland en Oostenryk in die noorde en Slowenië in die noordooste. Suid van die Italiaanse vasteland is die eilandstaat Malta geleë wat nie deel uitmaak van Italië nie.
Dikwels word Italië as 'n land van besondere skoonheid beskryf – met 'n veelvuldigheid aan landskapsvorme. Die noorde van die land word deur die ruwe bergwêreld van die Alpe beslaan. Die hoogste bergpieke is in die Monte Rosa-massief langs die grens met Switserland en in die Mont Blanc-massief in die Frans-Italiaanse grensgebied geleë. Net suid van die westelike Alpe het gletsers diep valleie in die bergrotse gesny en 'n Alpynse landskap van mere geskep wat suidwaarts tot die Povallei en die Piëmont strek.
Toskane, 'n historiese landskap in westelike Sentraal-Italië, is een van die belangrikste kultuurlandskappe van Europa met 'n ryk geskiedenis. As kernland van die Renaissance het dit kulturele invloed ver buite Italië se grense uitgeoefen. 'n Tweede groot bergreeks, die Appenyne, strek vanaf die die Sentraal-Alpe suidwaarts. In die omgewing van Rome strek dit oor byna die hele wydte van die Italiaanse stewel-skiereiland. Dit vernou in Suid-Italië waar twee wye kusvlaktes aan weerskante van die berge geleë is – een langs die Tirreense See, die ander langs die Adriatiese See.
Groot dele van die suidelike Appenyne het as byna ongerepte wildernis bewaar gebly. Hierdie landskap is die habitat van dierspesies wat elders in Europa nog nouliks aangetref word, soos wolwe en bere. Tektonies is die suidelike Appenyne-bergwêreld een van die mees onstabiele streke in Europa met aktiewe vulkane, waaronder die majestueuse Vesuvius wat 'n konstante bedreiging vir die miljoenestad Napels en eilande in die Golf van Napels inhou. Wes en suidwes van Italië is die land se twee grootste eilande geleë, Sardinië en Sisilië.
Vanaf die eerste 1ste eeu v.C. tot die 5de eeu was Italië in 'n enkele ryk verenig, die Romeinse Ryk. Italië se besonderse topografie het vervolgens oor eeue heen die politieke geskiedenis en geografie van die land bepaal. Die bou van paaie is deur ontoeganklike bergterrein belemmer sodat kommunikasie, handel en ander betrekkinge tussen die verskeie landsdele dikwels tot 'n minimum beperk was. In Italiaanse stede en streke is sodoende 'n sterk onafhanklike gees geskep. Stadstate soos Venesië en Genua het hulle liewer tot die see gewend om handel met ander Mediterreense gebiede te dryf. Elke streek het sy spesifieke dialek van Italiaans en sy eie kookkuns ontwikkel.
Nog in 1847 was die land in politieke opsig verdeel in agt onafhanklike state en kon die Oostenrykse staatsman en minister van buitelandse sake Klemens von Metternich sy beroemde en omstrede uitspraak doen waarvolgens Italië eintlik geen nasie was nie, maar net une expression géographique, 'n suiwer geografiese term, Clio Voyages culturels – Paul Guichonnet: Le sentiment national Italien. Besoek op 5 Augustus 2018 terwyl die Italiaanse skrywer Umberto Eco in 'n onderhoud met die Franse dagblad Le Monde taal as die band beskryf het wat die verskillende streke van Italië en hul bewoners saamsnoer. Le Monde, 18 Maart 2011: Umberto Eco : "L’Italie, c’est avant tout une langue". Besoek op 5 Augustus 2018
In teenstelling met lande soos byvoorbeeld Frankryk, Engeland en Duitsland, wat reeds vroeg in hul geskiedenis as eenheidstate gevestig het, is die verskillende landsdele van Italië eers betreklik laat met die 19de eeuse Risorgimento-beweging in 'n gemeenskaplike monargie verenig, wat tussen 1861 en 1946 deur die Huis van Savoje regeer is. Vinnige industrialisering het bygedra tot die land se nuut verworwe status as een van Europa se groot moondhede wat vanaf die 1880's 'n koloniale ryk in Noord- en Oos-Afrika gevestig het.
Groot verliese is in die Eerste Wêreldoorlog gely waarin Italië tussen 1915 en 1918 aan die kant van die geallieerdes teen die Duitse Keiserryk en Oostenryk-Hongarye geveg het. Alhoewel die staatsgebied met die insluiting van Suid-Tirol vergroot is, het sosiale en politieke onluste 'n klimaat geskep wat die weg gebaan het vir die magsoorname deur die fascistiese beweging onder Benito Mussolini in 1922.
As bondgenoot van die Spilmoondhede, die Duitse Ryk en Japan, gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Italië 'n verpletterende neerlaag gely. Koloniale besittings in Afrika het hierna verlore gegaan, terwyl 'n klein gebied in die noordooste aan Joego-Slawië afgestaan moes word. In Junie 1946 is die monargiese regeringstelsel in 'n referendum verwerp en die Republiek Italië geproklameer.
Italië is 'n stigterslid van die Europese Unie en die NAVO asook 'n lidland van die Verenigde Nasies. Dit maak deel uit van die Eurosone.
Etimologie Die oorsprong van die woord Italia is onbekend, maar dit is minstens 3000 jaar oud. Alberto Manco: Italia. Disegno storico-linguistico. L’Orientale, Neapel 2009, Aanvanklik het hierdie term na 'n klein streek in die suide van Italië verwys en toe ook die suidelike Apennyne en later die hele skiereiland ingesluit. Taalkundiges en historici het al verskeie hipotese opgestel, waarvan een sê, dat die woord van die antike volk Italiker (Italus) afgelei is, op sy beurt afkomstig van vitulus, wat kalf beteken. J. P. Mallory, D. Q. Adams: Encyclopedia of Indo-European Culture. Fitzroy and Dearborn, Londen 1997, bl. 24.
Geskiedenis Voor- en Vroeë geskiedenis duimnael|links|Die Chimera van Arezzo, van die bekendste voorbeelde van Etruskiese kuns (5de eeu v.C.) duimnael|Matera met sy Neolitiese Sassi word as een van die oudste stede wêreldwyd beskou smithsonianmag.com – How Matera Went From Ancient Civilization to Slum to a Hidden Gem Die Geskiedenis van Italië met 'n hominiede vestiging op die Apennyne-skiereiland en die omliggende eilande is minstens 1,3 tot 1,7 miljoen jaar oud; die moderne mens het sowat 43 000 tot 45 000 jaar gelede in Italië verskyn en duisende jare lang langs die Neanderdaller geleef. Tot in die 6de eeu v.C. het jag, visvang en versammel die grondslag van die bestaan gevorm.
Teen 6100 v.c. het eerste groeperings van buite die skiereiland, glo van oorsese gebiede soos Suid-Anatolië en die Nabye Ooste, landbou saamgebring en die jagter-versamelaars verdring. Gedurende die 2de eeu v.C. het vir die eerste keer uit dorpies eerste stadagtige nedersettings geword en die samelewings het eerste duidelike spore van hiërargieë getoon.
Die uit skriftelike bronne bekende geskiedenis van Italië skop eers na die vestiging van Italiese volke af. Nes hulle het die Etruskiese kultuur, wie se herkoms onbekend is, rondom 600 v.C. 'n bloeitydperk beleef. Gedurende die 8ste eeu v.C. het die Griekse kolonisasie van die Suid-Italiaanse vasteland en Sisilië begin, en langs die weskus van dié eiland het die Fenisiërs hulle gevestig. Hierdie kolonies het later tot Kartago behoort.
Antieke tydperk
duimnael|links|Die Colosseum in Rome; opgerig in 80 n.C. duimnael|Die Romeinse Ryk rondom 117 n.C. Reeds voor die Romeinse tydperk was Italië, veral Sentraal- (Etrurië) en Suid-Italië (Magna Graecia), 'n belangrike Europese kulturele sentrum. Vanaf die 4de eeu v.C. het die Romeinse uitbreiding begin, in 146 v.C. is beide Korinthe en Kartago verniel, die verowering van die Mediterreense gebied, later ook dele van Sentraal- en Noord-Europa het kulturele invloede en mense uit die hele ryk en die aangrensende gebiede na Italië gebring. Die skiereiland het die sentrum van die Romeinse Ryk gevorm en met klein uitsonderinge tot die ontbinding van die Wes-Romeinse Ryk in 476 gebly. Daarmee het 'n verandering in die landbou-ekonomiese basis gepaard gegaan, wat aanvanklik uit boere bestaan en tot 'n stelsel van 'n wye Latifundien op die grondslag van slawerny ontwikkel het. 'n Digte padnetwerk het die groeiende stede met mekaar verbind, waarvolgens die ruil van goedere, maar ook die afhanklikheid van eksterne goedere, soos Noord-Afrikaanse koring en olyfolie, gegroei het.
In die laat oudheid het nes slawerny en die vrye boere nuwe stelsels soos die heffing aan die grond – Kolonat – verskyn, alhoewel nog rondom 500 tussen vrye en onvrye Kolonen onderskei is. Gedurende die 4de eeu n.C. is die Christendom tot amptelike godsdiens verhef.
Oor eeue heen was Italië die spilpunt van die Romeinse Ryk. In 41 v.C. is die Italiaanse kernland, wat voorheen tot die Rubicon by Rimini gestrek het, met die provinsie Gallia Cisalpina uitgebrei. Sisilië en Sardinië (asook Korsika) is eers later deur Diocletianus se herbelyning by die Moederland Italië (Dioecesis Italiae) bygevoeg.
Middeleeue duimnael|links|Piazza San Marco in Venesië duimnael|Ysterkroon van die konings van Italië Na die inval van die Gote en die Lombarde (410 en 568) het die land in verskeie heerskappye verval. In die 8ste en 9de eeu, veral onder Pepyn die Korte en Karel die Grote, het die Franke Italië oorheers, maar onder Karel se opvolgers het 'n aparte Koninkryk Italië begin ontwikkel. Vanaf Otto die Grote se bewind het Italië oorwegend tot die Heilige Romeinse Ryk behoort, terwyl die suide vir 'n lang tydperk deel van die Bisantynse Ryk was. In 827 het egter Arabiere Sisilië en dele van Suid-Italië verower.
In die 11de eeu het oor dekades heen die Normanne Suid-Italië verower. Met die groei van beide handel en verkeer het veral die stede van Noord-Italië in die 11de eeu meer en meer onafhanklik geword. Die Normanne en die meeste Noord-Italiaanse stede het tydens die Investituurstryd tussen 1076 en 1122 die pous ondersteun.
Met die ondergang van die Staufer-dinastie het in 1268 hul pogings om die dalende gesag van die ryk in Italië te hernu, misluk, alhoewel Hendrik VI die Suid-Italiaanse Normandiese Ryk deur huwelik bygekry het. Vanaf 1268 was in Suid-Italië die Franse Anjou-dinastie aan bewind. Die Noorde is deur amper selfstandige stede, wat formeel tot die Heilige Romeinse Ryk behoort het, oorheers.
Renaissance duimnael|links|Die Katedraal van Florence is van die bekendste bakens van die Renaissance duimnael|Italië rondom 1494 In die Italië van die laat 14de eeu het die Renaissance begin verskyn; die 15de en 16de eeu word as kernperiode beskou. Die wesenskenmerk was die herlewing van die antieke gees en die Humanisme was die oorheersende geestelike beweging. Dit het met 'n herorientasie van die wetenskap van 'n teosentriese na 'n antroposentriese aanskouing gepaard gegaan.