Die malvarosyntjie (Grewia villosa) is 'n boom wat voorkom vanaf die noorde van Namibië en Botswana, die weste van Zimbabwe, die Limpopovallei, langs die Lebomboberge tot aan die noordkus van KwaZulu-Natal. Die boom verkies laagliggende bosveld en rotsagtige habitatte om in te groei. Die blare is breed en rond met 'n gekwilte boonste oppervlak en 'n harige, grys onderkant.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Grewia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe