Wladimir Iljitsj Lenin (Russies: Владимир Ильич Ленин; – 21 Januarie 1924), was ’n Russiese rewolusionêr, skrywer, regsgeleerde, stigter van die Bolsjewisteparty, leier van die Oktober-rewolusie, stigter van die Sowjetunie en die eerste leier van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek. "Lenin" was een van sy skuilname as rewolusionêr en is waarskynlik ’n verwysing na die rivier Lena. Hy is gebore as Wladimir Iljitsj Oeljanof (Владимир Ильич Ульянов).

As hoof van die Bolsjewiste het hy die Rooi Leër na oorwinning gelei in die Russiese Burgeroorlog en daarna die wêreld se eerste amptelike sosialistiese staat gestig. Uit sy uitgebreide teoretiese en filosofiese bydraes tot Marxisme is Leninisme gebore.Триумф и Трагедия И. В. Сталин: политический портрет. (Triomf en Tragedie – I.W. Stalin: ’n Politieke Portret) Дмитрий Волкогонов (Dmitri Wolkogonof). Boek 1, Deel 1, bl. 95–114. Новости. Moskou. 1989.

Hy het op 21 Januarie 1924 in sy datsja, 'n voormalige herehuis, in Gorki Leninskije gesterf ná ’n aantal beroertes. Sy gebalsemde liggaam is op permanente tentoonstelling in Moskou. Hy is deur Josef Stalin opgevolg as partyleier.

Vroeë lewe Wladimir Iljitsj Oeljanof is in Simbirsk (tans Oeljanofsk) aan die Wolga gebore as die tweede seun van Ilja Nikolajewitsj Oeljanof (1831–1886), ’n bekende skoolinspekteur en later skooldirekteur in Simbirsk, wie se pos hom die oorerflike adellike titel van Sy Eksellensie besorg het,Ronald W. Clark, Lenin: The Man Behind the Mask, London: Faber and Faber (1989), bl. 4, 9. en Maria Aleksandrowna Oeljanowa (gebore Blank), ’n onderwyseres. Sy geboortestad, wat sowat 2 400 km van Sint Petersburg geleë is, is ná sy dood Oeljanofsk hernoem ter ere van hom. In dieselfde jaar het Sint Petersburg Leningrad geword na aanleiding van Lenin, die naam waaronder hy later bekend geword het.

Lenin was van gemengde afkoms: Russies, Kalmik,Ronald W. Clark, Lenin: The Man Behind the Mask, Londen: Faber and Faber (1989), bl. 4. Tsjoewasj, Duits, Sweeds en Joods. Sy oupa aan moederskant, Moshko (later Dmitri) Blank, was ’n Oekraïnse Jood wat hom tot die Ortodokse geloof bekeer het om destydse beperkings op Jode te ontduik.

Lenin was ’n goeie swemmer en ysskaatser. Van 1879 af het hy aan die Simbirsk-gimnasium vir seuns studeer, waar hy in 1887 sy skoolloopbaan met ’n goue medalje voltooi het. Hy het onder andere Latyn, Grieks, Duits en Frans studeer.

As lede van die intelligentsia het die Oeljanof-egpaar hul kinders (van wie almal buiten een rewolusionêre geword het) geleer dat destydse praktyke in die Russiese Ryk, soos die skending van menseregte, verkeerd was en hulle aangemoedig om te streef na hoër ideale, ’n vrye gemeenskap en gelyke regte. Lenin, ’n intelligente en pligsgetroue student, was ’n ywerige leser, onder andere van werke deur Aleksander Poesjkin, Iwan Toergenef, Leo Tolstoi en Nikolai Nekrasof.

Broer se teregstelling Die jaar ná sy pa se dood in Januarie 1886 weens bloeding op die brein is Lenin se oudste broer, Aleksander Oeljanof, ter dood veroordeel en gehang weens sy deelname aan ’n komplot om tsaar Alexander III te vermoor.Christopher Read (2005) Lenin: 16 Lenin was toe 17 jaar oud. Sy suster, Anna, wat saam met Aleksander in hegtenis geneem is, is verban na die Oeljanofs se landgoed by Kokoesjkino, ’n dorp sowat 40 km van Kazan. Dit alles het ’n groot invloed op Lenin gehad en het daartoe bygedra dat hy radikale politieke idees begin ontwikkel het. In dié tyd is hy beïnvloed deur werke van Georgi Plechanof en ook Nikolai Tsjernisjefski se 1863-boek Wat Moet Gedoen Word?Biography (TV-reeks) – Vladimir Lenin, Voice of Revolution , A&E-netwerk, 2005, ASIN B000AABKX6

Hierby het hy ook aan die Universiteit van Kazan, waar hy regte studeer het, vertroud geraak met die werke van Karl Marx en Friedrich Engels. Hy was hier betrokke by ’n studente-opstand in Desember 1887 en is in hegtenis geneem; die universiteit het hom geskors en die regering het hom verbied om toegang tot ’n ander universiteit te kry. Hy is ook na die familielandgoed by Kokoesjkino verban. Hy het egter op sy eie verder studeer.

Hy is later toegelaat om aan die Universiteit van Sint Petersburg te studeer, waarna hy in 1891 tot die balie toegelaat is. In 1892 het hy ’n graad in regte aan die Universiteit van Sint Petersburg behaal.

Rewolusionêr duimnael|links|upright|Polisiefoto van Lenin, Desember 1895 duimnael|links|upright|Lenin se vrou, Nadezjda Kroepskaja Lenin het ’n paar jaar lank in die Wolga-hawestad Samara in die regte gepraktiseer waar hy insig gekry het in die landarbeiders se sosiaal-ekonomiese toestande.J. Brooks en G. Chernyavskiy (2007) Lenin and the Making of the Soviet State. Bedford/St Martin's: Boston en New York In 1893 het hy na Sint Petersburg getrek waar hy by rewolusionêre propaganda betrokke geraak het. In 1895 het hy die Bond vir die Bevryding van die Werkersklas gestig, ’n koalisie van die stad se Marxistiese groepe. Op 7 Desember 1895 is Lenin in hegtenis geneem vir ’n sameswering teen tsaar Aleksander III en daarna was hy 14 maande lank in eensame aanhouding.

In Februarie 1897 is hy na die dorpie Sjoesjenskoje in Oos-Siberië verban. Daar het hy Georgi Plechanof, die Marxis wat sosialisme in Rusland bekend gestel het, ontmoet. In Julie 1898 is Lenin getroud met sy mede-aktivis Nadezjda Kroepskaja (algemeen bekend as Kroepskaja) en in April 1899 het hy die boek Die Ontwikkeling van Kapitalisme in Rusland gepubliseerThe Development of Capitalism in Russia onder die skuilnaam Wladimir Iljin; dit was een van 30 teoretiese werke wat hy geskryf het terwyl hy ’n banneling was.

Ná sy ballingskap het Lenin in München (1900–1902), Londen (1902–1903) en Genève (1903–1905) gewoon.Paul Le Blanc (1908) Revolution, Democracy, Socialism, Selected Writings of Lenin. Londen, Pluto Press bl. 9 In 1900 het hy en Julius Martof (later ’n groot teenstander) die koerant Iskra ("Vonk") gestig en artikels oor die rewolusionêre politiek gepubliseer. Hulle het ook mense gewerf vir die Marxistiese Russiese Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty (RSDAP). Dié party het sy eerste kongres in 1898 gehou terwyl Lenin in Siberië in ballingskap was. In sy korrespondensie het hy verskeie skuilname gebruik en in 1902 eindelik die naam Lenin aangeneem, afgelei van die Siberiese rivier Lena.Hill, Christopher, Lenin and the Russian Revolution (1971) Penguin Books: Londen bl. 36.

In 1903 het Lenin die tweede kongres van die RSDAP bygewoon, eers in Brussel en daarna in Londen. Hier het ’n skeuring plaasgevind tussen die Bolsjewiste-faksie, onder leiding van Lenin, en Martof se Mensjewiste-faksie. Bolsjewis is afgelei van die Russiese woord bolsjinstwo ("meerderheid") en Mensjewis van mensjinstwo ("minderheid").Christopher Read, Lenin, Abingdon: Routledge (2005), bl. 60–1 Die name het ontstaan ná die klein nederlaag wat die Mensjewiste gelei het in die verkiesing vir die koerant se redaksionele paneel en vir die leierskap van die party se sentrale komitee. ’n Groot verskil tussen die faksies was die Lenin-groep se voorkeur vir ’n alliansie van werkers en plaasarbeiders om die tsaristiese regering oor te neem en die Martof-faksie se voorkeur vir samewerking tussen die werkersklas en die liberale bourgeoisie om die bewind omver te werp.

In November 1905 het Lenin na Rusland teruggekeer om die 1905-Russiese Rewolusie te steun.Read, Christopher, Lenin (2005) bl. 81. In 1906 is hy verkies tot die presidium van die RSDAP. Hy het tussen Finland en Rusland gereis, maar weer in Desember 1907 na Wes-Europa teruggekeer ná die mislukking van die rewolusie. In 1909, om dubbelsinnighede uit die weg te ruim oor die gepaste roete na ’n kommunistiese rewolusie, het Lenin Materialisme en Empirio-kritisisme gepubliseer, wat die grondslag van Marxisme-Leninisme geword het.

In 1914, met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog, het die meeste sosiaal-demokratiese partye in Europa hul lande se deelname aan die oorlog gesteun. Lenin was egter teen die oorlog gekant en nadat hy vir ’n kort rukkie in Oostenryk aangehou is, het hy op 5 September 1914 na die neutrale Switserland uitgewyk, waar hy eers in Bern en daarna Zürich gebly het.Clar, Ronald W. Lenin: the Man Behind the Mask (1988) bl. 154.

In 1915 het hy by die Zimmerwald-konferensie teen die oorlog aan die hoof gestaan van ’n linkse minderheid wat sy idee ondersteun het dat die imperialistiese oorlog omskep moet word in ’n klasse-oorlog.Read, Christopher, Lenin (2005) bl. 132–4.

Die Februarie-rewolusie

duimnael|Die trein waarmee Lenin in April 1917 na Petrograd teruggekeer het Die Februarie-rewolusie in 1917 in Rusland was die eerste fase van die Russiese Rewolusie van 1917. Die onmiddellike gevolge was die abdikasie van tsaar Nikolaas II en die val van Keiserlike Rusland. Die Romanof-dinastie is vervang deur ’n ongemaklike politieke verhouding: aan die een kant ’n voorlopige regering onder prins Georgi Lwof en later Aleksander Kerenski, en aan die ander kant ’n aantal sowjets – rewolusionêre rade wat deur werkers, soldate en landarbeiders verkies is.

Lenin was steeds in Zürich. Hy was vasbeslote om dadelik na Rusland terug te keer. Maar dit was nie maklik nie aangesien die Eerste Wêreldoorlog nog aan die gang was. Switserland was omring deur die oorlogsbondgenote Duitsland, Frankryk, Oostenryk-Hongarye en Italië – en die seë is oorheers deur die Russiese bondgenoot Brittanje. Samespreking tussen die voorlopige regering en Duitsland om Russe toe te laat om na hul land terug te keer in ruil vir oorlogsgevangenes het voortgesleep. Eindelik, op 31 Maart, het die Switserse kommunis Fritz Platten toestemming van Duitsland gekry dat Lenin en ander bannelinge deur Duitsland na Rusland mag reis.

Op 9 April het Lenin, Kroepskaja en ander bannelinge ’n spesiale trein in Bern gehaal wat deur Duitsland en Swede na Rusland gereis het. Net voor middernag op 16 April (Ou Styl 3 April) 1917 het die trein by die Finland-stasie in Sint Petersburg, toe Petrograd genoem, aangekom. Hulle is verwelkom deur werkers en soldate met rooi vlae. Lenin het die skare toegespreek oor die internasionale belangrikheid van die Russiese Rewolusie:

Die April-tesis Op die trein van Switserland af het Lenin sy beroemde April-tesis opgestel: sy program vir die Bolsjewisteparty. Daarin sê hy die Bolsjewiste moenie tevrede wees met die Februarie-rewolusie "van die bourgeoisie" nie, maar dat die Bolsjewiste moet bly veg vir ’n sosialistiese rewolusie deur die werkers en armste landarbeiders. Volgens hom kon hierdie sosialistiese rewolusie teweeggebring word deurdat die sowjets die mag van die voorlopige regering afneem. Die Bolsjewiste moes dadelik ’n veldtog onder die Russiese volk begin om hulle te oortuig van die noodsaak van die sowjets se mag. Hy het dus heeltemal wegbeweeg van die Bolsjewiste se vroeëre standpunt dat die rewolusie in die middelklas moet begin.

Die April-tesis was radikaler as enigiets wat Lenin se mede-rewolusionêre al gehoor het. Toe hy die tesis aan die RSDAP voorlees, het die Mensjewiste hom uitgejou. Een het dit "die geyl van ’n kranksinnige" genoem. Selfs in die Bolsjewiste-kamp het hy aanvanklik net een partylid se steun gehad.Orlando Figes, A People's Tragedy: The Russian Revolution 1891–1924, Londen: Pimlico (1996), bl. 388.

Hoe radikaal die tesis ook al was, dit het die Bolsjewisteparty ’n politieke toevlugsoord gemaak vir Russe wat ontnugter was met die voorlopige regering en die oorlog.Read, Christopher, Lenin (2005): 157–60

Die Oktober-rewolusie

duimnael|upright|’n Skoongeskeerde Lenin op 11 Augustus 1917 in Finland In Petrograd het ontevredenheid met die voorlopige regering gelei tot die spontane Juliedae-opstande deur nywerheidswerkers en soldate.Read, Christopher, Lenin (2005): 158–61 Nadat dit onderdruk is, het die regering vir Lenin en die Bolsjewiste die skuld daarvoor gegee.Read, Christopher, Lenin (2005): 160–1