Die Indiese spreeu (Acridotheres tristis) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël in stedelike en voorstedelike gebiede en kom ook om plase voor. Die voël is vanaf Asië ingevoer en die verspreidingsgebied kring maandeliks verder uit. Hulle slaap gewoonlik kommunaal saam en pik soms ektoparasiete van vee en wild af. Die voël is 25 cm groot en weeg 65 - 135 gram. In Engels staan die voël bekend as die Common Myna.

Indringerspesie

Suid-Afrika

Die voël is vir die eerste keer in 1902 in Suid-Afrika vrygelaat. Die spesie het algemeen geword en die verspreiding daarvan is groter waar menslike bevolkings groter is of waar daar meer menslike versteuring is. Die voël is berug daarvoor dat dit 'n plaag is, wat ander voëls uit hul neste skop en hul kleintjies doodmaak as gevolg van die myna se sterk territoriale instink. Die voël word as ietwat van 'n plaag en versteuring van die natuurlike habitat beskou; gevolglik is dit as 'n indringerspesie verklaar, wat vereis dat dit beheer word.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Indringerspesies van Suider-Afrika

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Spreeus