__NOTOC__
Die swarthelmlaksman (Prionops retzii) is 'n redelik algemene maar dikwels lokale standvoël in boomveld, insluitend miombo en oewerbos. Hulle word oorwegend suidwaarts van die ewenaar in Afrika aangetref en bly in groepe van 5 tot 6 voëls in boomryke gebiede. Buite die broeityd vorm hulle gemengde groepe met ander helmlaksmanspesies en sluit ook by gemengde voëlgroepe aan. Hulle is vroeër meestal by die Malaconotidae of boslaksmans gereken, maar word tans by die Vangidae geplaas. Die voël is 22 cm groot en weeg 44 gram. Alhoewel nie 'n trekvoël nie, kan hulle lokaal nomadies wees in droogtetye. Die dikbekkoekoek, 'n broeiparasiet, gebruik hierdie spesie as broeigasheer vir hul kuikens. In Engels staan dit as Retz's helmetshrike bekend.
Subspesies Vier subspesies word erken: P. r. nigricans (Neumann, 1899) – suidsentraal-Afrika P. r. graculinus Cabanis, 1868 – Oos-Afrika P. r. retzii Wahlberg, 1856 – noordelike streke van suidelike Afrika P. r. tricolor G.R.Gray, 1864 – oostelike en suidoostelike Afrika, veral kuslangs
Verspreiding Die spesie word aangetref in Angola, noordoostelike Botswana, DRK, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, noordelike Namibië, Somalië, noordelike Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Laksmanne Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin