Die bontkwikkie (Motacilla aguimp) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël by groot riviere, watermassas en strandmere en ook in parke en tuine. Die voël is die enigste swart-en-wit kwikkie in Suider-Afrika. Die voël word 20 cm groot en weeg dan 27 gram. In Engels staan die voël bekend as die African pied wagtail.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Kwikkies Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin