Die Namakwalewerik (Spizocorys sclateri) is 'n skaars, endemiese standvoël en gedeeltelike nomade in dorre Nama-Karoobossieveld met 'n voorkeur vir klipvlaktes. In Engels staan die voël bekend as die Sclater's lark. Die voël se status is byna-bedreigd.
Identifikasie Die voël is 13 – 14 cm groot en weeg 17 - 21 gram. Die voël is kompak met 'n stewige snawel. Dit is geelbruin met 'n kenmerkende traanmerk onder die oë. Dié voël verskil van die Woestynlewerik deurdat dit nie 'n kuif het nie.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronne Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. Newman se Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Gedenkuitgawe 2010.
Verwysings
Kategorie:Lewerike