Musophagidae is 'n familie van voëls wat tradisioneel aan die orde van koekoekvoëls (Cuculiformes) behoort. In die Sibley-Ahlquist-taksonomie van voëls word die groep egter tot 'n eie orde verhef, naamlik die Musophagiformes. Die studie van Hackett et al. in 2008Hackett, S. et al. (2008) "A Phylogenomic Study of Birds Reveals Their Evolutionary History " Science 320 (5884) 1763 - 1768 bevestig dit en toon ook 'n verrassende verband met die groot groep (klade) van sogenaamde watervoëls.
Die familie omvat 6 genusse met 23 spesies.Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). Hierdie voëls kom in Afrika suid van die Sahara voor. Hulle is groot voëls, tot 50 cm hoog en die meeste van hulle vertoon skouspelagtige kleure, veral in vlug.
Taksonomie Genus Corythaeola Corythaeola cristata Genus Corythaixoides Corythaixoides concolor - Kwêvoël Corythaixoides leucogaster Corythaixoides personatus Genus Crinifer Crinifer piscator Crinifer zonurus Genus Musophaga Musophaga rossae - Rooikuifloerie Musophaga violacea Genus Gallirex Gallirex johnstoni - Rwenzoritoerako Genus Tauraco Tauraco bannermani Tauraco corythaix - Knysnaloerie Tauraco erythrolophus Tauraco fischeri Tauraco hartlaubi Tauraco leucolophus Tauraco leucotis Tauraco livingstonii - Mosambiekloerie Tauraco macrorhynchus Tauraco persa Tauraco porphyreolophus - Bloukuifloerie Tauraco ruspolii Tauraco schalowi - Langkuifloerie Tauraco schuettii
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Kategorie:Loeries