duimnael|links|Murlough-strand in Newcastle, graafskap Down, op 'n Oktoberdag, met die Mourne Mountains in die agtergrond duimnael|links|'n Uitsig oor die reeks se hoogste piek, Slieve Donard, en Newcastle vanuit Murlough-strand Die Mourne Mountains [ˈmɔərn], ook die Mournes of Mountains of Mourne genoem, is 'n graniet-bergreeks in die graafskap Down in die suidooste van Noord-Ierland, 31 myl (50 km) suid van Belfast en 62 myl (100 km) noord van Dublin. Dit bevat die hoogste pieke in Noord-Ierland en die historiese Ierse provinsie Ulster. Die hoogste piek is Slieve Donard (850 m bo seevlak).

Die Mournes word as 'n landskap van buitengewone natuurlike skoonheid beskou, en daar is voorgestel om 'n nasionale park in die gebied te skep wat tans gedeeltelik in besit van die National Trust is en jaarliks 'n groot getal besoekers lok. Die bergreeks word deur 'n uitgebreide netwerk van paaie en staproetes deurkruis.WalkNI.com: Mourne Mountains. Besoek op 27 Augustus 2017

Die naam Mourne (wat vroeër Morne gespel is) is van 'n Gaeliese clan afgelei, die Múghdhorna.Patrick Joyce: The Origin and History of Irish Names of Places. Dublin: McGlashan & Gill 1869, bl. 128 Die bergreeks het wyer bekendheid verwerf danksy 'n liedjie, The Mountains of Mourne, wat deur die Ierse kunstenaars en komponiste William Percy French en Houston Collisson in 1896 geskryf is.

Verwysings

Kategorie:Bergreekse in Europa Kategorie:Geografie van Noord-Ierland