200px Sir John Betjeman

Engelse digter

Gebore 28 Augustus 1906 in Londen, Engeland,

Oorlede 19 Mei 1984 in Trebetherick, Cornwall

Sir John Betjeman [ˈbɛtʃəmən] was 'n Engelse digter, skrywer en televisie-aanbieder wat homself in Who's Who as 'n "digter en broodskrywer" beskryf het.

Betjeman was 'n stigtingslid van die Victorian Society en 'n vurige voorstander van Victoriaanse boukuns. Hy het sy loopbaan as joernalis begin om later een van die gewildste Poet Laureates en radio- en televisiepersoonlikhede in die Verenigde Koninkryk te word.

Kategorie:Engelse digters Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Engelse joernaliste Kategorie:Engelse omroepers Kategorie:Geboortes in 1906 Kategorie:Sterftes in 1984