200px Powerscourt

in Enniskerry Graafskap Wicklow

Argitektuur

Palladiaanse boustyl

Gebou vir

Richard Wingfield, 3de Viscount Powerscourt

Argitek

Richard Cassels

Opgerig

1731-1741

Webtuiste Powerscourt.ie Powerscourt (Iers: Eastát Chúirt an Phaoraigh, Engels: Powerscourt Estate) is 'n landgoed in Enniskerry in die graafskap Wicklow, Republiek van Ierland, sowat 20 km suid van Dublin, wat vir sy herehuis en landskapstuin bekend staan. Die landgoed beslaan tans 19 hektaar.

Die Powerscourt-herehuis het in die 13de eeu as kasteel ontstaan en is in die 18de eeu deur die Duitse argitek Richard Cassels in die Palladiaanse styl herbou. Nadat die huis in 1974 deur 'n brand vernietig is, is dit in 1996 herstel.

Die landgoed is tans in besit van die Slazenger-gesin. Dit is 'n gewilde toeristetrekpleister en sluit geriewe soos 'n gholfbaan, 'n restaurant en 'n hotel in.

Kategorie:Landgoed in Ierland