Lwazi Mvovo (gebore in Mthatha, 3 Junie 1986) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die Natal Haaie in die Curriebeker en die Sharks in Superrugby speel. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.
Hy matrikuleer te Maria Louw Hoërskool en maak sy debuut op 27 Junie 2008 in die Curriebekertoernooi vir die Natal Haaie teen die Boland in Durban.
Mvovo was die naashoogste driedrukker in die 2010 Curriebekertoernooi toe hy twaalf keer agter die pale gaan kuier het. Hy beïndruk weereens in die Superrugbykompetisie in 2010 waartydens hy ses drieë druk.
Eksterne skakels
Lwazi Mvovo by itsrugby.co.uk Lwazi Mvovo by Sharks Zimbio
Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Xhosas