duimnael|300px|Die HMS Onslow in 1943

Die HMS Onslow was 'n torpedojaer van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Sy ontwerp was gebaseer op die Kelly-klas. Hy en sy drie susterskepe was betrokke by die beskerming van die konvooi JW51B.

Tegniese besonderhede Hy het 1 610 ton water verplaas en was aangedryf deur twee turbines wat gesamentlik 40 000 dryfasperdekrag gelewer en 'n topspoed van 36 knope verseker het. Hy was toegerus met vier 4,7-duim kanonne, een 4-duim lugafweerkanon en vier 21-duim torpedobuise.

Bron The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975.

Kategorie:Skepe betrokke in Tweede Wêreldoorlog