duimnael|upright|links|Kroning van keiser Agustin de Iturbide op 21 Julie 1822 in Meksikostad Agustín Cosme Damián de Iturbide y Arámburu (27 September 1783 in Morelia, Nieu-Spanje - 19 Julie 1824 in Padilla, Meksiko), ook bekend as Agustin I van Meksiko, was 'n Meksikaanse bevelvoerder en politikus tydens die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog. Hy het 'n suksesvolle politieke en militêre koalisie gestig, wat Meksikostad op 27 September 1821 verower het en dus die onafhanklikheid van Meksiko beslis het. Nadat die bevryding van die land bevestig was, het hy in 1821 president van die Regentskap van Meksiko geword. 'n Jaar later het hy die grondwetlike keiser van die nuwe nasie geword. Hy het kortliks van 19 Mei 1822 tot 19 Maart 1823 regeer. Hy kry erkenning as die oorspronklike ontwerper van die eerste vlag van Meksiko.
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Webwerf van die keiserlike Huis Habsburg-Iturbide
Kategorie:Meksikaanse keisers Kategorie:Tereggestelde mense Kategorie:Geboortes in 1783 Kategorie:Sterftes in 1824