Die Malutiberge is 'n bergreeks geleë in die Koninkryk van Lesotho Dit is geleë tussen die Butha-Buthe-distrik in Lesotho en strek vir ongeveer 100 km in die Suid-Afrikaanse Vrystaatprovinsie.Zunckel, Kevan. 2010. Connectivity Conservation Management: A Global Guide (with Particular Reference to Mountain Connectivity Conservation). Earthscan. p.77-79 Die Malutiberge vorm 'n deel van die uitgestrekte Drakensbergreeks wat vir etlike honderde kilometer oor Suid-Afrika strek.

Geologie duimnael|links|320px|'n Lugfoto van 'n nedersetting (village) in die Malutibergreeks. Die reeks bestaan uit 'n hoë basaltplato, tot 3 400 m (11 200 vt) in hoogte, met 'n koel alpynse klimaat. Die hoogste punt, die 3 482 m hoë Thabana Ntlenyana, word in die noordoostelike hoek van die reeks aangetref. Dit is die hoogste bergpiek in Suider-Afrika, en die hoogste in Afrika suid van Kilimanjaro.Thabana Ntlenyana (mountain, Lesotho) – Britannica Online Die 3 291 m hoë Namahadipiek, die hoogste piek in die Vrystaat, is ook deel van die Malutireeks.

Die biostreek bestaam uit sandsteen en skalie wat met basalt bedek is. Die berg se rowwe terrein maak dit minder toeganklik vir besoekers en verhoed enige beduidende eksplorasie van sy mineraalbronne. Die topografie verskil tussen die twee lande. In Lesotho vorm die Maluti's 'n aaneenlopende hoogland van ronde pieke met ingekerfde diep valleie aan die flanke wat in die Senqurivier dreineer. Sneeu en ryp kom selfs in die somer op die hoogste pieke voor.

Laangs die grenslyn van Suid-Afrika val loodregte basaltrotswande na benede in voetheuwels bestaande uit sandsteen. Hierdie rotse is ingekeep deur die riviere wat ooswaarts deur KwaZulu-Natal vloei.

Verwysings

Sien ook Lys van bergpieke in Suid-Afrika

Kategorie:Bergreekse in Lesotho Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Vrystaat