Ilham Alijef, dikwels ook İlham Heydər oğlu Əliyev (gebore op 6 Desember 1961 in Bakoe, Azerbeidjanse SSR, Sowjetunie) beklee sedert 31 Oktober 2003 die amp van president van Azerbeidjan. Hy fungeer daarnaas ook as voorsitter van die Nuwe Azerbeidjanse Party (Yeni Azərbaycan Partiyası) en die Nasionale Olimpiese Komitee van Azerbeidjan.

Hy is die seun van Heidar Alijef, die voormalige president wat dié amp tussen 1993 en 2003 beklee het.

Eksterne skakels

Kategorie:Eerste ministers van Azerbeidjan Kategorie:Presidente van Azerbeidjan Kategorie:Diktators Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense