Van Maanen se Ster (van Maanen 2) is ’n witdwergster. Van die bekende witdwerge is dit die derde naaste aan die Son, ná Sirius B en Procyon B. Dit is die naaste losstaande witdwerg. Dit is in 1917 deur Adriaan van Maanen ontdek. Dit was die derde witdwerg bekend.

Eienskappe duimnael|links|240px|’n Voorstelling van ’n witdwergster. Van Maanen se Ster is 14,1 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Visse, met ’n relatief hoë eiebeweging van 2,98″ jaarliks. Dit is te dof om met die blote oog te sien. Nes ander wit sterre is dit baie dig: sy massa is sowat 63% van die Son s'n, hoewel sy radius net 1% van die Son s’n is. Die ster se temperatuur is sowat 6 220 K, wat taamlik koel is vir ’n witdwerg, en dit bestaan sowat 3 miljard jaar al as ’n witdwerg.

Voordat dit ingeplof en ’n witdwerg geword het, het dit ’n massa van sowat 2,6 sonmassas gehad en het dit 9 × 108 jaar in die hoofreeks gebly. Dit is dus altesaam sowat 4,1 miljard jaar oud.

Die sterreklassifikasie van Van Maanen se ster is DZ8, waar die DZ aandui dit bevat elemente swaarder as helium, wat in sterrekunde metale genoem word. Dié metale kom vermoedelik van ’n liggaam wat om die ster gewentel het, soos ’n rotsagtige eksoplaneet.

Moontlike metgesel Dit is steeds onseker of die ster ’n bruindwerg-metgesel het. In 2004 nog is die waarneming van so ’n ster in een dokument bevestig en in ’n ander ontken. In 2008 het waarnemings met die Spitzer-ruimteteleskoop daarop gedui dat daar waarskynlik nie ’n ster binne 1 200 AE is wat ’n massa van 4 Jupiter-massas of meer het nie.

Verwysings

Eksterne skakels http://www.richweb.f9.co.uk/astro/nearby_stars.htm Nabygeleë sterre 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Gliese-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Visse (sterrebeeld) Kategorie:Witdwerge