Prof. Gabriël Gideon (Gawie) Cillié (Stellenbosch, 13 Julie 1910 – Strand, 15 Junie 2000) was 'n Suid-Afrikaanse astrofisikus, orrelis, koordirigent, komponis van Afrikaanse gewyde musiek, eertydse voorsitter van die FAK en voorsitter van die konvokasie van die Universiteit van Stellenbosch."Huldeblyke stroom van oral in ná afsterwe van prof. Piet Cillié", Volksblad, 21 Oktober 1999. Hy het waarskynlik die grootste enkele bydrae gelewer ter bevordering van die kerkmusiek in Suid-Afrika.Gaum, Frits (hoofred.) 2008. Christelike Kernensiklopedie. Wellington: Lux Verbi.Bm en Byblekor. Sy bydrae as vertaler, verwerker, komponis en koordirigent het gelei tot ’n hersiening en uitbreiding van Afrikaanse liturgiese musiekbronne.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Cillié was 37 jaar lank wiskundedosent aan die Universiteit van Stellenbosch. Met sy groot liefde vir kerkmusiek en koorsang was hy byna vyf dekades 'n bekende in kulturele kringe. Hy was 25 jaar die orrelis-koorleier in die NG moedergemeente op Stellenbosch en van 1941 tot 1945 dirigent van die US-koor. Cillié was ook 'n gewilde spreker oor die sterrekunde. Met sy uittrede in 1975 as hoogleraar in wiskunde aan die US het hy 'n pos as musiekdosent aan die Vrystaatse Universiteit in Bloemfontein aanvaar met die oog op die bevordering van kerkmusiek. Hy het in 1983 daar afgetree. As voorsitter van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge van 1980 tot 1984 het Cillié hom gewy aan kulturele samewerking tussen Afrikaners. Cillié het geglo "die geheim van oorlewing van die Afrikaner-kultuur lê nie in geweld of in die opsweping van mense oor ons land se roemryke verlede nie, maar in die uitbreiding van ons kultuur na ons mede-Afrikaners".

Herkoms duimnael|links|170px|Ds. S.J.M. van Niekerk (gebore 22 September 1852), Gawie Cillié se oupa aan moederskant, was die tweede leraar van NG gemeente Smithfield, waar hy in Oktober 1877 bevestig is. Terwyl hy en sy gesin in 1887 met vakansie in die Paarl was, is hy heel onverwags oorlede. duimnael|links|170px|G.G. Cillié sr., Gawie Cillié se vader, die groot Afrikaanse opvoedkundige. duimnael|links|170px|Mev. Maria Cillié, Gawie Cillié se moeder, volgens prof. H.B. Thom 'n intelligente vrou met 'n sterk persoonlikheid.Swart, prof. dr. M.J. (voors.). 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.

Aan vaderskant was Cillié, ook genoem Klein-Gawie om hom van sy vader met dieselfde name te onderskei, die kleinseun van Charl Daniel Cillié en Martha Helena, gebore Marais, van die plaas Rhebokskloof, Blaauwvlei, Wellington. Cillié se vader, die opvoedkundige Gabriël Gideon Cillié (Wellington, 10 September 1870 – Stellenbosch, 1 April 1958), was die sewende van sy ouers se tien kinders. G.G. Cillié sr. is in 1905 getroud met Maria Elizabeth van Niekerk (Smithfield, 5 Junie 1879 – Middelburg, Kaap, 4 Maart 1927) en ná haar dood met Maria Susanna Barbara Uys in 1931. Uit die eerste huwelik is vyf seuns en twee dogters gebore.

Maria Cillié se vader, ds. S.J.M. van Niekerk, is gebore op 22 September 1852 en was 'n leerling aan ds. G.W.A. van der Lingen se Paarlse Gimnasium, een van die min Kaapse skole waar Afrikanerkinders se liefde vir hul taal destyds aangekweek is. Ná sy teologiese opleiding aan die Kweekskool op Stellenbosch is hy in 1877 in sy eerste gemeente, NG gemeente Smithfield, bevestig. Sy voorganger op Smithfield was ds. Piet Roux, oupa aan moederskant van die groot Afrikaanse kultuurleiers Samuel Henri Pellissier en Mabel Jansen en die teologiese hoogleraar George Murray Pellissier.

Tydens die Eerste Vryheidsoorlog (1880–1881) het sy openlike simpatie met die Boeresaak hom die gramskap op die hals gehaal van 'n groot deel van die Engelsgesindes op Smithfield. Hy is in 1885 na Zeerust se Hervormde gemeente beroep toe een van die ouderlinge geskryf het hy verneem dat "U ed. een waar Afrikaander zyt".Steyn, J.C. 2002. Penvegter. Piet Cillié van Die Burger. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers Beperk. Van Niekerk wou Smithfield egter nie verlaat nie. Hy was 'n vroeë voorstander van Afrikaans as kultuurtaal en van die Afrikaanse Bybelvertaling, maar voor hy die saak verder kon voer, is hy met vakansie in die Paarl in 1887 onverwags oorlede.Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. Ons Kerk Album. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.

Mev. Cillié het 'n leidende rol in die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging gespeel en was algemene tesourier van 1913 tot haar dood.Beyers, C.J. Beyers. 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel IV. Durban: Butterworth & Kie (SA) (Edms.) Bpk. Sy word beskou as een van Suid-Afrika se vroegste vroulike joernaliste. Van 1916 het sy 'n rubriek oor die ACVV se werksaamhede vir De Goede Hoop geskryf en van Mei 1917 af ook vir die Huisgenoot.

Gawie Cillié se bekendste broer, sy ouers se vyfde kind, was Piet Cillié (1917–1999), voormalige direksievoorsitter van Naspers en meer as 23 jaar (van April 1954 tot laat 1977) redakteur van Die Burger,Cillié, P.J. 1980. Tydgenote. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers. wat in 1999 in die ouderdom van 82 in Oranjezicht, Kaapstad, oorlede is."Maar waar is Fred se muis dan nou?", Die Burger, 4 April 2012

Ten tyde van Cillié se dood het nog net sy jongste broer, Sybrand, gelewe. Dié het in 2007, tydens die herdenking van die 100ste bestaansjaar van die Hoër Meisieskool Bloemhof se ou skoolgebou, vertel dat die skool dekades gelede ook seuns gehad het, want hy en sy vier broers asook hul twee susters was almal daar. Sybrand, 'n voormalige viserektor van die Kaapse Technikon, was toe al 85 jaar, en het vertel dat die kinders op vyf- tot sesjarige ouderdom na die skool is, maar hy was net vier jaar oud toe hy in 1928 toegelaat is. Hy is vinnig deur sub. A en B – net ’n week of wat in elk – toe na st. 1, en in 1929 in st. 2. In 1930 is hy by die Hoër Jongenskool van Paul Roos ingeskryf, waar sy broers ook skoolgegaan het."Bloemhof op Stellenbosch", Die Burger, 13 April 2007.

Opleiding Cillié het sy natuurwetenskaplike opleiding aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar hy die grade B.Sc. (1928) en M.Sc. (1929) behaal het. Van 1930 tot 1933 studeer hy met 'n Rhodes-beurs aan die Universiteit van Oxford was hy die D.Phil. in astrofisika behaal en van 1933 tot 1935 aan die Harvard-universiteit met 'n Commonwealth Fund Fellowship waar hy 'n M.A. in sterrekunde verwerf.

Akademiese loopbaan Nadat hy drie en half jaar in die personeel van die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van Pretoria was, het hy in Julie 1939 'n betrekking as professor in Wiskunde aan die Stellenbosse Universiteit aanvaar. Hy bly aan in dié hoedanigheid tot 1975. Hy het drie boeke oor die sterrekunde geskryf en was sedert 1932 lid van die Royal Astronomical Society in Londen. Ná sy aftrede in die ouderdom van 65 op Stellenbosch, verhuis hy en sy vrou na die Vrystaatse hoofstad, Bloemfontein, waar hy aangestel is as dosent in kerkmusiek aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Musiek Sy belangstelling in musiek het parallel geloop met sy loopbaan as natuurwetenskaplike en as 't ware 'n gelyktydige beroep gevorm. Dit dien as 'n prominente Suid-Afrikaanse voorbeeld van die wiskundig-musikale aanleg in een mens.Malan, dr. Jacques P. 1980. Suid-Afrikaanse Musiekensiklopedie. Kaapstad: Oxford University Press. As skoolseun en student op Stellenbosch het hy klavierlesse gehad en harmonie-oefeninge gedoen, maar rigtinggewend was die onderwys in orrelspel onder prof. Jannasch, wat hom met 'n liefde vir die gewyde musiek besiel het.

In Oxford was hy 'n aktiewe lid van die Oxford Bach Choir en 'n orrelstudent van Allchin aan die Royal College of Music in Londen, terwyl hy ook in Harvard aktief was in G. Wallace Woodworth se mannekoor, die Harvard Glee Club. Die opleiding onder Jannasch, wie se mantel as kerkmusikus op Cillié se skouers geval het, en die ervaring van universitere koorsang in Oxford en Harvard was beslissend vir sy loopbaan as musikus.

Op Stellenbosch duimnael|320px|regs|Die moedergemeente op Stellenbosch se kerkkoor in die vroeë jare vyftig. Reg agter die orrel staan Gawie Cillië en regs van hom sy vrou, Hettie. Een van hulle twee seuns staan regs in die tweede ry van agter. Heel agter, derde van links, staan Philip McLachlan, Cillié se opvolger as leier van die Stellenbosse Universiteitskoor van 1955 tot 1976."Restourasie van historiese St. Stephen's op hande?", Die Burger, 20 April 2007. Chris Swanepoel is voor die orrel. Hy was van 1956 af Cillié se mede-orrelis en destyds 'n jong dosent in orrel aan die universiteit.

Vanaf sy aanstelling as professor in Stellenbosch totdat hy die tuig as kerkmusikus in 1964 neergelé het, was Cillié 'n kwarteeu prominent in Afrikaanse kerkmusiek-kringe. As orrelis van die Stellenbosse moedergemeente van 1939 tot 1964 het hy die koortradisie van gereelde koorsang tydens eredienste, soggens in die moederkerk en saans in die studentekerk (later die kerkgebou van die NG gemeente Stellenbosch-Sentraal) laat herleef. Dié deel van die gemeente het weggeval met die afstigting van Stellenbosch-Sentraal in 1959.Fensham, prof. F.C. (red.) 1986. Ned Geref Gemeente Stellenbosch 1686–1986. Drie eeue van genade. Kaapstad: NG Kerk-Uitgewers.

Die Nuwe Halleluja, 1951 Die Kaapse Sinode (later jare die NG Kerk in Wes-en-Suid-Kaapland) het dit in 1945 aan sy kommissie vir Kerkmusiek en Sang opgedra om die Nuwe Halleluja van 1931 deeglik te ondersoek en te keur, aldus Cillié se "Voorwoord namens die musiek-subkommissie" by die eerste druk (1949) van Die Halleluja. Op die eerste vergadering van die breë kommissie is 'n musiek-subkommissie aangestel om die musiek van die Nuwe Halleluja te toets en toe te sien dan al die liedere wat nie aan die eies van die "ware" kerklied voldoen nie, geweer sal word uit die bundel wat saamgestel wou word in die plek van die 1931-bundel. Aanvanklik is 200 melodieë vir weglating benoem en later, nadat hulle een-een aan die breë kommissie voorgespeel is, is sowat 100 van die benoemde 200 verwerp. Die woorde van die meeste van die verwerpte leidere moes egter behoue bly in die nuwe bundel; daarom is prof. P.K. de Villiers, A.C. van Velden en ds. W.E.H. Söhnge aangestel om nuwe melodieë in die plek van die verwerptes te komponeer.

Baie van dié nuwe melodieë het nie bygeval gevind by lidmate nie en so is verskyn daar in 1959 die derde (verbeterde) uitgawe wat uitgebrei is "deur die toevoeging van ou, gewilde melodieë as alternatiewe wysies by 'n aantal liedere". Ook is enkele harmonisasies wat, volgens musiekkenners, onspeelbaar is, deur "beproefde, vereenvoudigde harmonisasies vervang".Geldenhuys, J.N. 1959. "Voorberig tot die derde (verbeterde) uitgawe": Die Halleluja. Kaapstad: N.G. Kerk-Uitgewers.

Moedergemeente Stellenbosch se nuwe orrel duimnael|links|255px|Gawie Cillié voor die orrel van die moederkerk op Stellenbosch. In dié gemeente was hy orrelis en koorleier van 1939 tot 1964.

Een van die hoogtepunte tydens Cillié se meer as twee dekade lange dienstyd as die moedergemeente se orrelis was die inwyding van die gemeente se nuwe orrel op Saterdag 31 Oktober 1953 ná die gemeente al van 1948 af hieraan begin aandag skenk het. Eers moes 'n spesiale platform gebou word in die plek van die wankelrige orrelgalery wat van 1863 gedateer het en toe was daar probleme met 'n ernstige verswakking in die waarde van die Suid-Afrikaanse pond, wat die orrel wat in Amerika bestel is, onbekostigbaar gemaak het. 'n Orrel is toe uit Brittanje bestel, maar dié plan het ook misluk sodat die meeste pype en ander onderdele van die orrel eindelik by die Duitse firma Aug. Laukhuff bestel is en die orrel in 'n groot mate deur die orrelbouers Cooper, Gill & Tomkins in die kerk gebou is.