duimnael|Buitekant duimnael|Binnekant
Oom Samie se winkel is 'n reisbestemming in die stad Stellenbosch in Suid-Afrika. Die winkel is in Dorpstraat geleë. Dit is feitlik onveranderd sedert die stigting daarvan as 'n landelike handelspos in 1904. Ruilhandel is vroeërjare algemeen hier bedryf. Tans dien dit as 'n werkende winkel sowel as 'n museum. Besoekers kan lekkernye, vrugte, groente, handgemaakte strooibesems en ander kuns en kunsvlyt hier koop en die oudhede bekyk.
Fotogalery
Bronnelys Maree, Berna: A motley array ... In: South African Panorama. Jaargang 32, nr. 7, Julie 1987. ISSN 0038-254X Roux, Helene: Oom Samie se winkel ... In: Omgewing RSA. Deel 11, nr. 2, Februarie 1984
Eksterne skakel Amptelike webwerf Inligting op die toerismewebwerf van Suid-Afrika
Kategorie:Museums in Suid-Afrika Kategorie:Stellenbosch