Granville Tailer Woods (*23 April 1856, Columbus, Ohio, VSA – †30 Januarie 1910, New York Stad, New York Staat, VSA) was 'n Afro-Amerikaanse uitvinder met meer as 50 patente. “Granville Woods” , The Black Inventor Online Museum [Die Aanlyn-Museum van die Swart Uitvinder]. URL besoek 17 Februarie 2013. Hy was ook die eerste Amerikaner van Afrika-afkoms wat na die Amerikaanse Burgeroorlog 'n elektriese en meganiese ingenieur geword het. “Interesting Statistics of the Colored Race” [Interessante statistiek van die swart ras] Arizona sentinel and Yuma weekly examiner [Arizona schildwacht en Yuma weeklikse eksaminator] (Yuma, Arizona, VSA), Donderdag, 9 Mei 1912, bl. 2, kol. 3. Hy was self geleer. Hy het die meeste van sy werk op treine en trems toegespits. Een van sy merkwaardige uitvindsels is die "Multipleks Telegraaf", “Induction Telegraphy System” [Telegraafstelsel van induksie] (1885), Amerikaanse Patentnommer 373 915, deur Granville T. Woods by Google Patente. 'n toestel wat boodskappe tussen die stasies en bewegende treine stuur. Sy werk het 'n veiliger en beter openbare vervoerstelsel vir die stede van die Verenigde State verseker.
Verwysings
Verdere leesstof David L. Head: Granville T. Woods : African-American Communications and Transportation Pioneer [Granville T. Woods : Afro-Amerikaanse pionier van kommunikasie en vervoer], RoseDog Books, Pittsburgh (Pennsilvanië, VSA) 2013. Prof. Rayvon Fouché: “Liars and Thieves : Granville T. Woods and the Process of Invention” [Leuenaars en diewe: Granville T. Woods en die proses van uitvinding], Black Inventors in the Age of Segregation [Swart Uitvinders in die tyd van segregasie] : Granville T. Woods, Lewis H. Latimer, and Shelby J. Davidson, The Johns Hopkins University Press, Baltimore (Maryland, VSA) 2003, bl. 26-81. Alonzo Louis Hall: The Ancient, Medieval, and Modern Greatness of the Negro [Die antieke, middeleeuse en moderne grootheid van swartes], Striker Print, Memphis (Tennessee, VSA) 1907, bl. 158. James T. Haley, Afro-American Encyclopedia; or, the Thoughts, Doings, and Sayings of the Race [Afro-Amerikaanse ensiklopedie; of, die gedagtes, dade en woorde van die ras], Haley & Florida, Nashville (Tennessee, VSA) 1895, bl. 225 en 576-578 Ds. William J. Simmons: Men of Mark : Eminent, Progressive and Rising [Manne van Respek: Uitgelese, Progressief en Opkomend], George M. Rewell & Co., Cleveland (Ohio, VSA) 1887, bl. 106-112
Eksterne skakels
Biografie van Granville T. Woods by die webwerf, “MIT Inventor of the Week” [MITs Uitvinder van die Week]. Biografie van Granville T. Woods by die National Inventors Hall of Fame [Nasionale Uitvinders Hall of Fame]-webwerf. Biografie van Granville T. Woods by die IEEE–webwerf.
Kategorie:Amerikaanse ingenieurs Kategorie:Amerikaanse uitvinders Kategorie:Geboortes in 1856 Kategorie:Sterftes in 1910