Die jagluiperd (Acinonyx jubatus), voorheen vlaktetier, is 'n soogdier en karnivoor in die katfamilie (Felidae – Felinae) en kom in 'n verskeidenheid van habitats voor, hoofsaaklik in Afrika en gedeeltes van die Midde-Ooste. Die spesie is die enigste oorlewende spesie van die genus Acinonyx en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. Dit is die vinnigste landsoogdier en kan snelhede van tussen 112 en 120 km/h (70 en 75 m.p.u.) Volgens Cheetah deur Luke Hunter en Dave Hamman, (Struik Uitgewers, 2003), bl. 37–38, is die jagluiperd se vinnigste gemete spoed 110 km/h (68 m.p.u.). bereik oor kort afstande van ongeveer 450 meter (1 500 voet) en kan van 0–100 km/h (64 m.p.u.) versnel binne drie sekondes, wat vinniger is as die meeste supermotors. Onlangse studies het bevestig dat die jagluiperd die vinnigste landsoogdier is. 'n Klein groepering van 'n subspesie word in Iran aangetref.
Hulle verkies oop savannes, grasveld of bosveld.
Hierdie katsoort het 'n kenmerkende eienskap wat die pote betref: die kloue kan nie heeltemal terugtrek nie en tesame met die vorm van die kussinkies maak dit vasgryp so te sê onmoontlik. http://www.cheetah.org/?nd=cheetah_facts Jagluiperds is wel daartoe in staat om tot in lae en maklik bereikbare takke te spring, maar nie regop bome te beklim nie.
Woordherkoms "Jagluiperd" kan moontlik van jaagluiperd kom of die Engelse benaming van hunting leopard. "Vlaktetier" is die Afrikaanse volksbenaming wat ontwikkel het deur die dier as 'n luiperd (vroeër in die volksmond as tier bekend) met die vlaktes as sy woonplek te koppel. "Cheetah" is ontleen uit Sanskrit sitrakāja, wat “gevlekte” beteken. Dit is weer afkomstig uit Hindi, chita, wat beteken “een met vlekke”.
Genetika en klassifikasie duimnael|links|Jagluiperd met welpie duimnael|links|Jagluiperd in die Maasai Mara-Wildtuin in Kenia Die geslagsnaam, Acinonyx, beteken “geen-beweeg-klou” in Grieks. Die spesienaam jubatus beteken in Latyn “bemaanhaar”, soos dit by jong jagluiperdwelpies gekenmerk word.
Die jagluiperd het uiters lae genetiese diversiteit. Dit gaan gepaard met 'n baie lae spermtelling, -beweeglikheid en misvormde -sweepstert. Veloorplantings tussen nieverwante jagluiperds toon geen verwerping van die skenkervel nie, wat die gedagte van genetiese eenvormigheid staaf. Daar word aangevoer dat die spesie 'n langdurige intelingstydperk ondergaan het ná 'n genetiese knelpunt gedurende die laaste Ystydperk bereik is. Dit beteken dat genetiese eenvormigheid nie die jagluiperd daarvan weerhou het om oor duisende jare oor twee vastelande te gedy nie.
Die jagluiperd het waarskynlik in Afrika gedurende die Mioseentydperk ontwikkel (26 – 7,5 miljoen jaar terug) voordat hy na Asië getrek het. Onlangse navorsing bedink die laaste gemeenskaplike voorouer van alle bestaande bevolkings het 1 miljoen jaar gelede in Asië geleef, wat 'n hersiening en verfyning van bestaande idees rondom die ewolusie van die jagluiperd kan meebring.
Die uitgestorwe spesies sluit in: Acinonyx pardinensis (Plioseentydperk), veel groter as die moderne jagluiperd en gevind in Europa, Indië en Sjina; Acinonyx intermedius (mid-Pleistoseentydperk), in dieselfde tuisgebied gevind. Die uitgestorwe geslag Miracinonyx was bitter baie jagluiperdagtig, maar onlangse DNS-toetse toon dat Miracinonyx inexpectatus, Miracinonyx studeri en Miracinonyx trumani (Vroeë tot Laat-Pleistoseentydperk) in Noord-Amerika (bekend as die “Noord-Amerikaanse jagluiperd”) nie ware jagluiperds was nie, maar eerder nouliks verwant met die poema moet wees.
Subspesies duimnael|'n Tanzaniese jagluiperd (Acinonyx jubatus raineyii) Hoewel vele bronne van ses of meer subspesies van melding maak is die taksonomiese indeling van hierdie subspesies nog nie heeltemal uitgeklaar nie. Acinonyx rex– die koningjagluiperd – word vandag nie meer as 'n volwaardige spesie gereken nie, aangesien hierdie melanistiese vorm deur 'n resessiewe geen veroorsaak word. Die subspesies Acinonyx jubatus guttatus, die wollerige jagluiperd, kon ook so 'n afwyking gewees het. Van die algemeenste erkende subspesies sluit in:
Asiatiese jagluiperd (Acinonyx jubatus venaticus): Asië (Afganistan, Indië, Irak, Iran, Israel, Jordanië, Oman, Pakistan, Rusland, Saoedi-Arabië en Sirië) Noordwes-Afrikaanse jagluiperd (Acinonyx jubatus hecki): Noordwes-Afrika (Algerië, Djiboeti, Egipte, Mali, Mauritanië, Marokko, Niger en Tunisië) en Wes-Afrika (Benin, Burkina Faso, Ghana, Mali, Mauritanië, Niger en Senegal). Acinonyx jubatus raineyii: Oos-Afrika (Kenia, Somalië, Tanzanië en Uganda). Acinonyx jubatus jubatus: Suider-Afrika (Angola, Botswana, Demokratiese Republiek van die Kongo, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe). Acinonyx jubatus soemmeringii: Sentraal-Afrika (Etiopië, Kameroen, Niger, Nigerië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan en Tsjad). Acinonyx jubatus velox
Uitkenning duimnael|'n Jagluiperdskedel duimnael|Vergelyking tussen 'n luiperd (links) en 'n jagluiperd (regs) duimnael|'n Dokumentêre video geskiet teen 1 200 rame per sekonde toon die beweging van 'n jagluiperd wat oor 'n perk hardloop
Die jagluiperd het 'n breë borskas en 'n skraal pens. Die grofgehaarde pels is donkergeel tot geelbruin met ronderige, vlekkies van tussen 2 tot 3 cm in deursnee wat 'n sekere mate van kamoeflering tydens jagtogte bied. Daar is geen vlekke op sy wit pens nie, maar die stert het wel vlekke wat saamsmelt om vier tot vyf donker kringe by die wit kwassie van die stertpunt te vorm. Die uitdrukking in sy groot geelbruin oë in sy koppie is eintlik sag in verhouding met die luiperd se onheilspellende blik. Die opvallende “traanstrepe” wat vanaf die oë al langs die snoet na die bolip loop hou sonlig uit sy oë en kom goed te pas tydens jagtogte of waarneming oor lang afstande. Hoewel die liggaam hoogs gespesialiseerd is vir hoë spoed, het hy min uithouvermoë en is eerder aangepas vir kort afstande. Stormlope is selde meer as 250 tot 300 m.
Die volwasse jagluiperd se massa wissel tussen 21 tot 72 kg. In die Nasionale Krugerwildtuin is die massa gewoonlik tussen 40 en 60 kg. Die liggaamslengte is tussen 110 tot 150 cm, sonder die stert, wat weer 60 tot 84 cm lank is. (2011). Boitani, Luigi, Simon & Schuster's Guide to Mammals. Simon & Schuster/Touchstone Books (1984), (2011). Burnie D and Wilson DE (Eds.), Animal: The Definitive Visual Guide to the World's Wildlife. DK Adult (2005), Jagluiperds se skouerhoogte is tussen 66 tot 94 cm.
Die mannetjies is gewoonlik 'n rapsie groter as die wyfies gebou en het effens groter koppe, maar dit is moeilik om geslagte van mekaar op grond van hul voorkoms te onderskei. As die jagluiperd met 'n ewe groot luiperd vergelyk word, het eersgenoemde 'n korter lyfie, maar 'n langer stert en 'n hoër skouerhoogte, wat hom 'n meer “vaartbelynde” voorkoms gee.
Party jagluiperds het 'n pelspatroon-afwyking met groter vlekke wat beklad lyk en saamgesmelt is. Die sogenaamde “koningjagluiperd” is nie 'n volwaardige spesie of subspesie soos aanvanklik geglo is nie. Hy is inderwaarheid 'n gewone jagluiperd met 'n melanistiese pelspatroon wat deur 'n resessiewe geen veroorsaak is. Die koningjagluiperd kom selde in die natuur voor, maar is al in gevangenskap geteel.
Die jagluiperd se pote het hondagtige kloue wat halfpad ingetrek kan word. Dit bied beter vasgryp tydens sy stormlope teen 'n hoë spoed. Die ligamentstruktuur van die jagluiperd se kloue is maar dieselfde as ander katte s’n, maar het net nie 'n skede van vel of pels nie – daarom is al die kloue, behalwe die valskloutjie, altyd sigbaar. Die valskloutjie op sigself is baie kleiner en meer reguit gevorm as dié by ander katsoorte.
Die jagluiperd is aangepas om vinnig te hardloop. Sy neusgate is groot om verhoogde suurstofinname moontlik te maak, terwyl 'n groot, sterk hart en longe doeltreffend saamwerk om die hoë suurstofvlakke in die bloedstroom te sirkuleer.
Gedurende 'n tipiese stormloop verhoog die asemhalingsvlakke vanaf 60 tot 150 asemhalings per minuut. Daarby is die byniere ook in staat om hoë adrenalienproduksie te lewer. Terwyl die jagluiperd hardloop, help sy hondagtige kloue om sy pote stewig op die grond geanker te hou. Die stert word as balans ingespan om skerp draaie te maak, wat nodig is om prooidiere agterna te sit wat op hierdie wyse probeer vlug voor die jagluiperd.
In teenstelling met die ander Groot Katte kan die jagluiperd nie brul nie, maar wel tydens inaseming spin. Die jagluiperd word tans steeds beskou as die kleinste van die Groot Katte.
Hoewel hy dikwels met die luiperd verwar word, is daar duidelike kenmerkende verskille, soos die reeds genoemde “traanstrepe” en ronde vlekke, pleks van rosette. Die kleinerige kop aan 'n verlengde nek help om die jagluiperd se gesigsveld op 'n stabiele as te hou wanneer hy prooi jaag, aangesien die res van die lyf geweldig op-en-af beweeg tydens die jagproses. Die skraal lyfie van die jagluiperd staan ook in skerp kontras met die bonkiger luiperd.
Die jagluiperd is 'n kwesbare spesie. Uit al die groot katsoorte pas die jagluiperd die swakste by 'n nuwe omgewing aan. Dit was maar altyd moeilik om jagluiperds in gevangenskap te teel; enkele dieretuine kon wel onlangs daarin slaag. Een manier is om 'n hond as speelmaat en waghond saam met die welpie groot te maak, sodat die later volwasse jagluiperd in gevangenskap minder gespanne en bedreig sal voel.
Die jagluiperd was vroeër deur pelsjag bedreig, maar deesdae gaan hy meer gebuk onder habitat- en prooiverlies.
Voorheen is geglo dat die jagluiperd 'n heel primitiewe kat moes gewees het wat 18 miljoen jaar gelede ontwikkel het. Onlangse navorsing toon egter dat die laaste gemeenskaplike voorouerspesie van die huidige 40 katsoorte minder as 11 miljoen jaar terug gelewe het. Dieselfde filogenetiese analise toon dat die jagluiperd, hoewel morfologies gesproke, nie van 'n antieke afstamming afkomstig is nie. Die rede hiervoor is dat hy omtrent 5 miljoen jaar gelede van sy nouste katverwante spesies (Puma concolor, die poema en Puma yaguarondi, die jaguarundi) geskei het. Hierdie katsoorte wyk nie veel van hul fossielvoorgangers af nie.
Vorme Koningjagluiperd duimnael|'n Koningjagluiperd het 'n kenmerkende pelspatroon Die koningjagluiperd, ook genoem die streepjagluiperd of gestreepte jagluiperd, is 'n seldsame mutasie van die gewone jagluiperd, waar laasgenoemde 'n kenmerkende pelspatroon het. Die koningjagluiperd word vir die eerste keer in 1926 in die destydse Suid-Rhodesië (tans Zimbabwe) opgeteken. In 1927 ken die natuurkenner, Reginald Innes Pocock, die dier 'n afsonderlike spesiestatus toe (Acinonyx rex), maar herroep die klassifikasie in 1939 weens 'n gebrek aan bewyse. In 1928 het Walter Rothschild 'n vel aangekoop waarvan die patrone halfpad ooreenstem tussen dié van die koningjagluiperd en die gewone, gespikkelde jagluiperd. Abel Chapman het hierdie eksemplaar as 'n kleurvariasie van die gespikkelde jagluiperd beskou. Twee-en-twintig van hierdie velle is tussen 1926 en 1974 gevind. Die koningjagluiperd is sedert 1927 nog vyf keer in die natuur opgemerk. Hoewel die jagluiperdvelle met vreemde patrone op vanuit Afrika bekend was, is 'n lewende koningjagluiperd vir die heel eerste keer gefotografeer in 1974, in die Krugerwildtuin. Die kriptosoöloë, Paul en Lena Brottriell, het in 1975 'n koningjagluiperd tydens 'n ekspedisie afgeneem. Hulle kon ook opgestopte eksemplare bekom. Die koningjagluiperd het groter gelyk as die gewone jagluiperd en sy pels het 'n ander tekstuur gehad. Daar was nog een vrylewende opgemerk in 1986 – die eerste keer in sewe jaar. Teen 1987 is agt-en-dertig eksemplare opgeteken, waarvan die meeste se velle as bewyse moes dien.