Hierdie artikel handel oor die krieketveld in Londen. Vir ander gebruike sien die dubbelsinnigheidsbladsy The Oval.
The Oval, ook genoem die "Kia Oval" weens borgskapredes, is 'n bekende internasionale krieketstadion in Kennington, Londen, Engeland. Dit het ook voorheen as "Kennington Oval" bekend gestaan.
duimnael|links|The Oval se oorlosie "The Oval" is die tuisveld van die Surrey County Cricket Club. "The Oval" was die eerste veld in Engeland en die tweede ter wêreld (ná die Melbourne-krieketveld in Australië) om toetskrieket aan te bied. Engeland se nederlaag teen Australië op 29 Augustus 1882 en die spottende reaksie van Australië het tot inrigting van Die As-kompetisie tussen albei nasionale krieketspanne gelei, wat sedertdien al om die twee jaar beslis word. The Oval is reeds tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde gebruik: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019. In 2009 is die veld vir die IKR se T20I-wêreldbeker en die gelyktydige T20I-vrouewêreldbeker gebruik. Daarbenewens het The Oval wedstryde tydens die Kampioenetrofeë in 2004, 2013 en 2017 aangebied. The Oval is ook tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2026 vir wedstryde gebruik, waaronder albei halfeindstryde.
Wedstryde Krieketwêreldbeker 1975
Krieketwêreldbeker 1979
Krieketwêreldbeker 1983
Krieketwêreldbeker 1999
Kampioenetrofee 2004
T20I-wêreldbeker 2009
T20I-vrouewêreldbeker 2009
Kampioenetrofee 2013
Kampioenetrofee 2017
Krieketwêreldbeker 2019
T20I-vrouewêreldbeker 2026
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
The Oval se amptelike webtuiste The Oval op ESPNcricinfo
Kategorie:Kampioenetrofeestadions Kategorie:Krieketstadions in Engeland Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Rugbystadions in Engeland Kategorie:Sportgeriewe in Londen Kategorie:T20I-wêreldbekerstadions Kategorie:T20I-vrouewêreldbekerstadions