Kim Jong-oen (Koreaans: 김정은; * 8 Januarie 1983) is die leier van Noord-Korea se Kommunistiese Party en die land self. Hy beklee sedert Desember 2011 die titel van Hoogste Leier van Noord-Korea nadat sy vader, , op 17 Desember 2011 gesterf het. Sy oorlede oupa, , was die eerste leier van Noord-Korea.
Daar is nie baie oor sy persoonlikheid en gewoontes bekend nie, afgesien dat hy van basketbal hou. Kim het sy opvoeding in die Weste ontvang. Hy was van 1998 tot 2000 by 'n staatskool in Switserland ingeskryf en het homself as 'n diplomaat se seun, genaamd Pak Un, voorgedoen. Kim het na berig word later die Kim Il-sung Militêre Universiteit in Pyongyang bygewoon. Toe sy ma in 2004 aan kanker oorlede is, het hy hom aan drank en kos vergryp. Sy gewig het tot byna 200 pond opgeskiet.Who is North Korea's secretive Kim Jong Un? Hy is in 2009 met Ri Sol-ju getroud en hulle het in 2010 'n dogter ryker geword. Hy is die wêreld se jongste staatshoof.
Verwysings
Eksterne skakels
People in DPRK news . Besoek op 17 Augustus 2014.
Kategorie:Noord-Koreaanse militariste Kategorie:Noord-Koreaanse politici Kategorie:Diktators Kategorie:Kommuniste Kategorie:Maarskalke Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in die 1980's