Arcadius (Latyn: Flavius Arcadius Augustus, Grieks: Ἀρκάδιος; 377/8 – 1 Mei 408) was die Bisantynse keiser van 395 tot met sy dood in 408. Hy was die oudste seun van Theodosius I en sy eerste vrou, Aelia Flaccilla, en die broer van die westerse keiser Honorius. Hy was ’n swak leier en sy bewind is oorheers deur ’n rits magtige ministers en sy vrou, Aelia Eudoxia.

Bewind Arcadius was die tweede oudste seun van Theodosius I en sy pa het hom in Januarie 383 tot ’n augustus en medeheerser van die oostelike deel van die ryk verklaar. Die werklike mag agter sy bewind was die eunug Eutropius. Arcadius is ook oorheers deur sy vrou, wat hom oortuig het om Eutropius af te dank op die hoogtepunt van sy loopbaan in 399. Op 13 Julie van dieselfde jaar het Arcadius gelas dat alle oorblywende nie-Christelike kerke dadelik afgebreek moes word.

Eudoxia se invloed is sterk teengestaan deur die Patriarg van Konstantinopel, John Chrysostom, wat gevoel het sy gebruik haar familie se rykdom om beheer oor die keiser te kry. Eudoxia het haar invloed gebruik om Chrysostom in 404 te laat afdank, maar sy is later dié jaar dood. Sy en Arcadius het vier kinders gehad: drie dogters, Pulcheria, Arcadiaen en Marina, en een seun, Theodosius.

Eksterne skakels Die wette van Arcadius, uit Justinianus se Corpus Juris Civilis Watts, Edward, "The motifs of Imperrial authority in the bust of Arcadius"

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 377 Kategorie:Mense in die 4de eeu Kategorie:Mense in die 5de eeu Kategorie:Sterftes in 408