Rietvleidam is 'n dam in die Rietvleirivier in Gauteng, Suid-Afrika. Die hoofdoel van die dam is om water aan Pretoria te lewer. Die dam is sowat 20 km suidoos van die stad in die Rietvlei Natuurreservaat geleë.
Die dam beskik oor 'n inlaattoring vir water en 'n suiweringsaanleg wat onder die damwal geleë is. Die dam voorsien nagenoeg 41 miljoen liter drinkwater per dag, wat ongeveer 5.9% van die water is wat Pretoria daagliks benodig.
Besoekers word by die dam toegelaat wat daar kan kampeer, visvang, fietsry of op die dam met bote te vaar. Die Pretoria Seiljagklub is onder andere hier geleë.
Die damwal is in 1934 met bakstene gebou. Die wal is tussen 1988 en 1990 verhoog deur 'n betonstruktuur oor die bestaande wal te bou.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Gauteng