Die Slankklipvis (Pavoclinus litorafontis) is 'n vis wat endemies is aan Valsbaai. In Engels staan die vis bekend as die Slinky klipfish.

Voorkoms Die vis is gewoonlik groen met donker geelgoen en reënboogkleurige strepe. Daar is 'n silwer streep oor die wang en kieudeksel, die vinne is groen en die vis word tot 21 cm lank.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Pavoclinus-litorafontis.html

Kategorie:Beenvisse