Die vlag van Saint-Martin is ’n nie-amptelike vlag van die Franse oorsese gebied. Die vlag vertoon die woorde “Saint-Martin” met “Caraïbe Française” onder Saint en “French Caribbean” onder Martin in swart met ’n lintmotief in blou en groen op ’n wit agtergrond.

Die vlag geniet geen amptelike status in Frankryk of op Saint-Martin self nie. Pleks daarvan gebruik die gebied die vlag van Frankryk as sy amptelike vlag.

Ander vlae

Sien ook

Vlag van Sint Maarten

Eksterne skakels

Saint-Martin by Flags of the World.

Kategorie:Saint-Martin Saint-Martin