Anton Pawlowitsj Tsjechof (Russies: Анто́н Па́влович Че́хов, ouer spelling Антонъ Павловичъ Чеховъ; – ) was ’n Russiese geneesheer, dramaturg en skrywer wat beskou word as een van die grootste skeppers van kortverhale in die geskiedenis."Greatest short story writer who ever lived." Raymond Carver (in Rosamund Bartlett se inleiding tot About Love and Other Stories, XX); "Quite probably the best short-story writer ever." A Chekhov Lexicon, deur William Boyd, The Guardian, 3 Julie 2004"Stories… which are among the supreme achievements in prose narrative." Vodka miniatures, belching and angry cats, George Steiner se resensie van The Undiscovered Chekhov, in The Observer, 13 Mei 2001 Tsjechof het in die grootste deel van sy letterkundige lewe as dokter gepraktiseer: "Die geneeskunde is my wettige vrou," het hy eenkeer gesê, "en letterkunde my minnares."Brief aan Aleksei Soeworin, 11 September 1888. Letters of Anton Chekhov.

Tsjechof het die teater verwerp ná die rampspoedige ontvangs van Die Meeu in 1896, maar die toneelstuk is in 1898 weer op die planke gebring in die Moskouse Kunsteater, wat daarna ook Tsjechof se Oom Wanja, Drie Susters en Die Kersieboord opgevoer het. Dié vier werke was ’n uitdaging vir die akteurs"Actors climb up Chekhov like a mountain, roped together, sharing the glory if they ever make it to the summit". Die akteur Ian McKellen, aangehaal in Miles, 9. sowel as die gehoor, want in plaas van konvensionele aksie bied Tsjechof ’n "teater van gemoedstoestande" in die teks.Wsewolod Meierhold, aangehaal in Allen, 13. Styan, 84.

Tsjechof het aanvanklik net vir finansiële gewin geskryf, maar later het sy kunsambisie gegroei en het hy innovasies aangebring wat die ontwikkeling van die moderne kortverhaal beïnvloed het.Arthur Power, Conversations with James Joyce, Usborne Publishing Ltd, 1974, , 57

Sy tegniek van interne monoloog is later deur James Joyce en ander moderniste gevolg, saam met die verwerping van die morele einde van die tradisionele storiestruktuur. Hy het gemeen lesers moet self die subjektiewe elemente invoeg wat in die storie kortkom. Hy het gesê die rol van ’n kunstenaar is om vrae te stel, nie antwoorde te verskaf nie.Brief aan Soeworin, 27 Oktober 1888. Letters of Anton Chekhov.

Biografie Kinderjare duimnael|220px|Die huis in Taganrog waarin Tsjechof gebore is.

Anton Tsjechof is op die feesdag van sint Antonius die Grote () in Taganrog, ’n hawestad aan die See van Azof, in Suid-Rusland gebore. Hy was een van ses kinders wat oorleef het. Sy pa, Pawel Jegorowitsj Tsjechof, die seun van ’n voormalige lyfeiene,: Egor Mikhailovich Chekhov and Efrosinia Emelianovna was van die dorpie Olchowatka (Woronezj-provinsie) en het ’n kruidenierswarewinkel gehad. Pawel Tsjechof, die direkteur van ’n gemeentekoor, ’n godsdienstige Ortodokse Christen en ’n gewelddadige pa, was volgens sommige historici die model vir sy seun se baie uitbeeldings van skynheiligheid.

duimnael|150px|links|Tsjechof in 1882. Sy ma, Jewgenija (Morozowa), was ’n uitstekende storieverteller wat die kinders vermaak het met stories oor haar reise saam met haar pa, ’n handelaar, dwarsdeur Rusland.Chekhov and Taganrog, Taganrog city website. "Ons het ons talente van ons pa gekry," het Tsjechof gesê, "maar ons siel van ons moeder."From the biographical sketch, adapted from a memoir by Chekhov's brother Mihail, which prefaces Constance Garnett's translation of Chekhov's letters, 1920.

As volwassene het Tsjechof sy broer Aleksander se optrede teenoor sy vrou en kinders gekritiseer deur hom aan Pawel se tirannie te herinner: "Kan ek jou vra om te onthou dit was despotisme en leuens wat jou moeder se jeug geruïneer het. Despotisme en leuens het ons kinderjare so geskend dat dit ’n mens siek en bang maak as jy daaraan dink. Onthou die afkeer en vrees wat ons beleef het wanneer Vader ’n woedeaanval aan die etenstafel gehad het oor te veel sout in die sop en hy Moeder ’n dwaas genoem het."Brief aan Aleksander, 2 Januarie 1889, in .Nog ’n kykie in Tsjechof se kinderjare is te sien in ’n brief aan sy uitgewer en vriend Aleksei Soeworin: "Van my kinderjare af glo ek in vooruitgang en ek kan nie help om daarin te glo nie, want die verskil tussen die tyd toe hulle my geslaan het en die tyd toe hulle my nie meer geslaan het nie, was enorm." Brief aan Soeworin, 27 Maart 1894. Letters of Anton Chekhov.

duimnael|220px|Tsjechof (links) en sy broer Nikolai in 1882. Tsjechof het die Griekse Skool en Griekse gimnasium (sedertdien hernoem tot die Tsjechof-gimnasium) in Taganrog bygewoon. Hier is hy op 15 vir ’n jaar teruggehou omdat hy ’n eksamen in antieke Grieks gedruip het.Bartlett, 4–5. Hy het in die Oosters-Ortodokse klooster in Taganrog en in sy pa se kore gesing. In ’n brief uit 1892 gebruik hy die woord "lyding" om sy kinderjare te beskryf en vertel:

In 1876 is Tsjechof se pa bankrot verklaar omdat hy te veel geld op ’n nuwe huis uitgegee het nadat hy deur ’n kontrakteur ingeloop is. Om tronkstraf vry te spring het hy na Moskou gevlug waar sy twee oudste seuns, Aleksander en Nikolai, die universiteit bygewoon het. Die gesin het in armoede in Moskou gewoon. Die ondervinding het Tsjechof se ma fisiek en emosioneel gebreek.Brief een sy neef Michail, 10 Mei 1877. Letters of Anton Chekhov. Tsjechof het alleen in Taganrog agtergebly om sy gesin se besittings te verkoop en sy opvoeding te voltooi.

Tsjechof het nog drie jaar in Taganrog gebly en by ’n man met die naam Seliwanof gewoon. Dié het, nes Lopachin in Die Kersieboord, borg vir die gesin gestaan vir die prys van hulle huis. Tsjechof moes sy eie skoolgeld betaal, wat hy gedoen het deur onder meer privaat lesse te gee, vinkies te vang en verkoop, en kort sketse vir koerante te skryf. Hy het elke roebel wat hy kon spaar na sy gesin in Moskou gestuur, saam met humoristiese briewe om hulle op te beur. In dié tyd het hy wyd en analities gelees, insluitende werke van Cervantes, Toergenef en Schopenhauer.Brief aan sy broer Michail, 1 Julie 1876. Letters of Anton Chekhov. Hy het ook ’n komiese vollengtedrama, Vaderloos, geskryf wat sy broer Aleksander afgemaak het as ’n "onvergeeflike, maar onskuldige verdigsel". Tsjechof was ook in ’n paar liefdesverhoudings, onder andere met die vrou van ’n onderwyser.

In 1879 het Tsjechof die skool verlaat en by sy gesin in Moskou aangesluit nadat hy toelating gekry het tot die mediese universiteit in Moskou.

Vroeë skryfwerk Tsjechof het nou verantwoordelikheid vir die gesin aanvaar. Om hulle te onderhou en sy studiegeld te betaal, het hy daaglikse kort, humoristiese sketse oor die lewe in Rusland geskryf. Baie was onder skuilname soos Antosja Tsjechonte (Антоша Чехонте) en Man sonder ’n milt (Человек без селезенки). Hy het mettertyd die reputasie gekry van ’n satiriese verteller oor die Russiese straatlewe, en teen 1882 het hy geskryf vir die tydskrif Oskolki (Fragmente) van Nikolai Leikin, een van die vooraanstaande uitgewers van dié tyd. Tsjechof se aanslag was in dié tyd growwer as wat uit sy latere fiksie bekend is."There is in these miniatures an arresting potion of cruelty ... The wonderfully compassionate Chekhov was yet to mature." "Vodka Miniatures, Belching and Angry Cats", George Steiner's review of The Undiscovered Chekhov in The Observer, 13 Mei 2001. Besoek op 16 Februarie 2007.

duimnael|220px|'n Portret van Tsjechof deur Isaac Levitan (1886). In 1884 het Tsjechof as geneesheer gekwalifiseer. Hy het dit as sy hoofloopbaan beskou, hoewel hy min verdien en die armes verniet behandel het. In 1884 en 1885 het hy bloed begin ophoes en in 1886 het dit vererger. Hy wou nie aan sy gesin en vriende erken hy het tuberkulose nie, maar het dit aan Leikin erken.Brief aan N.A. Leikin, 6 April 1886. Letters of Anton Chekhov. Hy het vir weektydskrifte bly skryf en algaande genoeg geld verdien om sy gesin na al hoe beter blyplekke te skuif.

Vroeg in 1886 is hy genooi om vir een van die gewildste koerante in Sint Petersburg, Nowoje Wremja, te skryf wat aan die miljoenêr en magnaat Aleksei Soeworin behoort het – hy het twee keer soveel as Leikin per reël betaal en Tsjechof drie keer soveel plek toegelaat. Soeworin het ’n lewenslange vriend geword, en dalk Tsjechof se beste vriend.

Kort voor lank het Tsjechof wyd aandag begin trek. Die 64-jarige Dmitri Grigorowitsj, ’n bekende Russiese skrywer van destyds, het aan Tsjechof geskryf nadat hy een van sy kortverhale gelees het:The Huntsman.. Besoek op 16 Februarie 2007. "Jy het ware talent, ’n talent wat jou in die voorste linie van skrywers van die nuwe geslag plaas." Hy het Tsjechof aangeraai om minder te skryf en op letterkundige gehalte te konsentreer.

Volgens Tsjechof het die brief hom hard getref. Hy erken: "Ek het my stories geskryf soos verslaggewers berigte oor brande sou skryf – meganies, halfbewus, en ek het niks omgegee vir my lesers of myself nie."" Dit was waarskynlik nie heeltemal waar nie, want vroeë manuskripte onthul Tsjechof het dikwels met aandag geskryf en aanhoudend daarop verbeter.

Grigorowitsj se raad het egter die 26-jarige tot ’n ernstiger, artistieke ambisie geïnspireer. In 1888, met ’n bietjie toutjiestrekkery deur Grigorowitsj, het Tsjechof se kortverhaalversameling In die skemering (W Soemerkach) die gesogte Poesjkin-prys gewen "vir die beste letterkundige werk wat deur hoër artistieke waarde gekenmerk word".

Keerpunte Teen 1887 was Tsjechof uitgeput weens te veel werk en swak gesondheid, en in dié jaar het hy na Oekraïne gereis. Dit het hom weer onder die indruk van die skoonheid van die steppe gebring."There is a scent of the steppe and one hears the birds sing. I see my old friends the ravens flying over the steppe." Brief aan sy suster Masja, 2 April 1887. Letters of Anton Chekhov.

duimnael|220px|Tsjechof se familie en vriende in 1890. Agter, van links: Iwan, Aleksander, vader; middel: onbekende vriend, Lika Mizinowa, Masja, moeder, Serjozja Kiseljof; onder: Misja, Anton. Met sy terugkeer het hy begin skryf aan die lang kortverhaal Die Steppe. Hy beskryf ’n reis per perdekar oor die steppe soos gesien deur die oë van ’n jong seun wat van die huis af weggestuur word om elders te gaan woon, en sy metgeselle, ’n priester en handelaar. Dit was ’n groot stap vooruit vir Tsjechof en toon baie van die volwassenheid van sy latere fiksie. Dit is ook in ’n letterkundetydskrif, Sewerni Westnik (Noordelike Boodskapper), gepubliseer in plaas van ’n koerant..

In die herfs van 1887 het ’n teaterbestuurder met die naam Korsj vir Tsjechof ’n kommissie gegee vir ’n toneelstuk, en die resultaat was Iwanof, wat binne twee weke geskryf is en daardie November opgevoer is. Hoewel die ondervinding vir Tsjechof "weersinwekkend" was en hy ’n komiese beskrywing van die chaotiese produksie in ’n brief aan sy broer Aleksander gegee het, was die toneelstuk ’n treffer en is dit, tot Tsjechof se verbasing, as oorspronklik beskryf.Brief aan broer Aleksander, 20 November 1887. Letters of Anton Chekhov.

Hoewel Tsjechof dit destyds nie ten volle besef het nie, dien sy toneelstukke soos Die Seemeeu (1895), Oom Wanja (1897), Drie Susters (1900) en Die Kersieboord (1903) tot vandag toe as ’n rewolusionêre hoeksteen van wat gesonde verstand in toneelspel is: ’n poging om die manier waarop mense werklik met mekaar praat en teenoor mekaar optree, realisties weer te gee.

Michail Tsjechof, self ’n skrywer, beskou Iwanof as ’n sleuteloomblik in sy broer se intellektuele ontwikkeling en letterkundige loopbaan. Uit dié tydperk kom ’n opmerking wat as "Tsjechof se geweer" bekend geraak het: ’n vereiste dat elke element in ’n verhaal noodsaaklik en onvervangbaar moet wees, en dat enigiets anders verwyder moet word: