Neil Adcock (1931–2013) was 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse snelbouler wat 100 paaltjies in toetskrieket geneem het.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Beknopte biografie Neil Amwin Treharne Adcock is op 8 Maart 1931 in Seepunt, Kaapstad gebore. Hy maak sy toetsbuiging (na slegs nege eersterangse wedstryde) in 1953 in 'n tuiswedstryd teen Nieu-Seeland. Hy voltooi die reeks met 24 paaltjies, insluitend 8 vir 87 in sy tweede toets (totaal vir albei beurte).
Adcock het in die vyftiger- en sestigerjare in 26 kriekettoetse vir Suid-Afrika gespeel en 104 paaltjies teen 'n gemiddelde van slegs 21,10 ingeoes. In 1961 is hy as een van Wisden se Krieketspelers van die Jaar aangewys.
Na sy uittrede uit krieket was hy 'n radio-kommentator en het hy in die toerisme-industrie gewerk.
Hy is op 6 Januarie 2013 in Howick, KwaZulu-Natal oorlede.
Verwysings
Eksterne skakels Profiel op cricketarchive.com Profiel op espncricinfo.com
Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Sterftes in 2013