Diego Garcia is 'n tropiese, voetspoor-vormige koraal-atol suid van die ewenaar in die noord-sentrale Indiese Oseaan en maak deel uit van die Britse Indiese Oseaangebied. Dit is die hoofeiland en hoofstad van die Chagos-argipel en die enigste bewoonde eiland daarvan.

duimnael|links|'n Uitsig oor Diego Garcia met die militêre basis Die atol is 750 km suid van die Maledive en 1 500 km oos van die Seychelle, halfpad tussen Afrika, Australië en Asië geleë. Daarom is dit 'n belangrike strategiese punt en word deur die Verenigde Koninkryk en die Amerikaanse Gewapende Magte gebruik. Ná die Columbia-ramp op 1 Februarie 2003 het Diego Garcia as 'n moontlike noodlandingsplek vir die VSA se ruimtependeltuig gedien.

In 2025 het Brittanje 'n ooreenkoms onderteken om die Chagos-argipel aan Mauritius terug te gee, terwyl die Britte die militêre basis vir 99 jaar mag gebruik. Die ooreenkoms kan vir nog 40 jaar na die aanvanklike tydperk verleng word en vir 'n bykomende tydperk daarna.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Britse Indiese Oseaangebied Kategorie:Kusstede Kategorie:Hoofstede in Asië