Die Kunene-moddervis (Labeo ansorgii) is 'n varswater vis wat voorkom in die Kunene- en Quanzariviere in Zimbabwe en Namibië. In Engels staan die vis bekend as die Cunene labeo.
Voorkoms Die vis lyk baie soos die Rooioog-moddervis maar is net ietwat dunner, die vinne meer gepunt, die skubbe kleiner en die oë groter. Daar is stervormige tuberkels op die snoet, die lippe is vlesig en daar is 'n paar baarde om die mond. Die vis is olyf tot bruin kleurig en ligter aan die onderkant. Hulle word tot 270 mm lank.
Habitat Die vis leef in vinnig vloeiende water in rotsagtige areas.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Labeo-ansorgii.html
Kategorie:Beenvisse