duimnael|regs|250px|Die verspreiding van geïoniseerde waterstof, bekend as H II, in die Melkweg se interstellêre medium soos van die Noordelike Halfrond gesien deur die Wisconsin Hα MapperHaffner, L.M.; Reynolds, R.J.; Tufte, S.L.; Madsen, G.J.; Jaehnig, K.P.; Percival, J.W. (2003), "The Wisconsin Hα Mapper Northern Sky Survey", Astrophysical Journal Supplement 145 (2): 405, arXiv:astro-ph/0309117,Bibcode 2003ApJS..149..405H, doi:10.1086/378850. Interstellêre medium of ISM is die materiaal wat bestaan tussen groepe sterre in ’n sterrestelsel. Dit sluit gas, stof en kosmiese strale in.

Die ISM is in alle fases uiters versprei in vergelyking met standaarde op Aarde. In koel, digte gebiede kan die digtheid tot 106 molekules per cm3 wees. In warm, verspreide gebiede is materiaal meestal geïoniseer en kan die digtheid so laag as 10−4 ione per cm3 wees. Vergelyk daarmee die digtheid van rofweg 1022 molekules per cm3 vir vloeibare water. Wat massa betref, is 99% van die interstellêre medium gas en 1% stof. In die gas is 89% van atome waterstof, 9% helium en 2% ander elemente, wat in sterrekunde metale genoem word.

In astrofisika speel die ISM ’n uiters belangrike rol. Sterre vorm in die digste streke van die ISM, molekulêre wolke, en vul die ISM aan met materiaal en energie deur planetêre newels, sterwinde en supernovas. Hierdie interaksie tussen sterre en die ISM help die tempo bepaal waarteen ’n sterrestelsel sy gasinhoud opgebruik, en dus hoe lank dit stervorming kan volhou.

ISM-tabel Dié tabel wys die komponente van die Melkweg se interstellêre medium.

+ Samestelling van die interstellêre mediumKomponentPers. van volumeTemperatuur(kelvin)Digtheid(atome/cm3)Toestand van waterstofMolekulêre wolke < 1% 10-20 102-106 molekulêrKoue neutrale medium 1-5% 50-100 20-50 neutraal atomiesWarm neutrale medium 10-20% 6 000-10 000 0,2-0,5 neutraal atomiesWarm geïoniseerde medium 20-50% 8 000 0,2-0,5 geïoniseerH II-gebiede < 1% 8 000 102-104 geïoniseerBaie warm geïoniseerde medium 30-70% 106-107 10−4-10−2 geïoniseer(metale ook hoogs geïoniseer)

Verwysings

Eksterne skakels Freeview Video 'Chemistry of Interstellar Space' William Klemperer, Harvard-universiteit ’n Aanlyn-tutoriaal 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sterrestelsels