James Borthwick ’n Suid-Afrikaanse TV-, verhoog- en rolprentakteur. Hy is veral bekend vir sy komiese rolle, soos dié van Willy in die SAUK-reeks On the Couch. Hy het ook in sepies soos Erfsondes, Fees van die Ongenooides en Konsternasie Oppie Stasie gespeel.

Borthwick begin sy loopbaan in 1974 by die destydse Sukovs en onderskei hom as ’n sterk karakterspeler. Hy is Engelssprekend, maar is ewe tuis op die Afrikaanse verhoog. In 1978 ontvang hy die Piers Nicholson-prys. Hy het in Anton Tsjechof se Oom Wanja (vertaal deur Karel Schoeman; regie deur Janice Honeyrnan), asook talle ander stukke gespeel. Hy was ook in flieks soos Stander (2003) en Die Prince van Pretoria (1993) te sien. Vir sy rol in die musiekblyspel Evita het hy hy die Fleur du Cap-toekenning vir beste optrede in ’n musiekblyspel ontvang.

Hy is met die aktrise Rika Sennet getroud. Hulle het saam in die pantomimes Sneeuwitjie en die sewe dwergies en As die kat weg is gespeel. Hulle dogter Hanna is ook ’n aktrise.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Filmografie In a Time Without Love (kort), 2010 as Sersant Wallace Jozi, 2010 as Rev. Vermeulen Wild at Heart (TV-reeks), 2010 as Piet Konsternasie oppie stasie (TV-reeks), 2009 as Du Preez On the Couch (TV-reeks), 2008 as Willy Hansie: A True Story, 2008 as Kommentator Jack Hillside (TV-reeks), 2006 as Thys 'Vis' Visagie Stander, 2003 as Vorster Scoop Schoombie (TV-reeks), 2001 as Scoop Le crime de monsieur Stil (TV-fliek), 1995 as Grand Louis Die Prince van Pretoria, 1993 as Tommy Prinsloo Sweet 'n Short, 1991 as Shawn Raymond The Fourth Reich, 1990 as Sidney Cohen Wie Laaste Lag, 1985 Die Groen Faktor, 1984 as Freek van Zyl Wat Jy Saai, 1979 as Minister The Guest: An Episode in the Life of Eugene Marais, 1977

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense