Silamour Philander, algemeen bekend as Soli Philander (1961-2026), was 'n Suid-Afrikaanse akteur, aktivis, komediant, regisseur, televisie-aanbieder en radiopersoonlikheid. Philander was veral bekend vir die TV-reeks Liriekeraai wat op kykNET uitgesaai is. Philander het ook die program Are You Smarter Than A 5th Grader? op M-Net aangebied.

Philander het in teaters in Suid Afrika, Amerika, die Verenigde Koninkryk, Namibië, Nederland, Eswatini en Swede opgetree.

Philander is in 2019 deur die Savannah Comics Awards bekroon met 'n lewenslange prestasie- toekenning.

Aktivisme Philander was 'n aktivis wat 'n groot impak gemaak het in die stryd teen onregverdigheid op alle vlakke.

In Maart 2023 het hulle die Soli Philander Foundation gestig, 'n formele struktuur waardeur Philander op sy langdurige filantropiese en sosiale ontwikkelingswerk gefokus het.

Persoonlike lewe In 'n onderhoud met YOU-tydskrif in 2017 het hy homself as nie-binêr geïdentifiseer.

Hulle was van 1985 tot 2015 getroud met Toni Philander, met wie hul vier kinders gehad het.

Afsterwe Op 4 Maart 2026 sterf Philander in sy dogter se huis in Kaapstad, as 'n gevolg van kanker.

Loopbaan Op die ouderdom van 23 het Philander reeds teater- en kabaretondervinding opgedoen. Philander het by Die Ruimte in Kaapstad begin toneelspeel in produksies soos Political Joke, The Car Cemetery, The Final Sting of the Dying Wasp, en Telling Tales.

Philander was ook in kinderopvoedkundige teater betrokke voor hul by die Baxter Teater se produksie van Waiting for Godot aangesluit het, wat in Suid-Afrika, London en Amerika getoer het.

Terug tuis, het Philander 'n kabaretkarakter met die naam Rosie September ontwerp, geskryf en gespeel. Philander het ook met Group 44 en die Ruimte-teater gewerk, om toneelstukke soos in Elke Ou Storie, The Final Sting of the Dying Wasp, en ander produksies, op te voer. Philander het ook in een-man toneelstukke soos like Take Two (1991) opgetree (wat hulle self geskryf het).

Philander was die aanbieder van Mnet se Liriekeraai, het Vat 'n Kans aangebied, en op TV-programme soos Off The Record en Reflections verskyn. Philander het vir 2 jaar by 567 Capetalk Radio die program Airborne aangebied, asook 'n Afrikaanse program Gorrelpunt op Punt Geselsradio.

Filmografie Nie vanweë die duisternis, 1980 Verkeerde nommer, 1982 as diamantdief Dot en kie, 1988 as Jean Pierre De Kamp The Road to Mecca, 1991 as Kees Kideo, 1992 as Timothy Traddle Drumbeats, 1993 Die Prince van Pretoria, 1993 as Van Schalkwyk Tarzan: The Epic Adventures (TV-reeks), 1996 Kaalgat tussen die daisies, 1997 Alec to the Rescue, 1999 as die treinhoof The Diamond Hunters (TV-reeks), 2001 as Farley Liriekeraai, 2000-2008 Let's fix it, 2005 Dias Santana, 2016 Hooten and the lady, 2016 as Cassius Snaaks genoeg, 2016 Mr the fastest, 2018 Projekt Dina, 2020 The Umbrella Men: Escape from Robben Island, 2023 as Birdman Devil's Peak, 2023 Dread, as wyse vrou Arendsvlei, as Sampie

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Sterftes in 2026