Orkney Snork Nie 2 is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1993 na afloop van die gelyknamige TV-reeks, Orkney Snork Nie en die rolprent, Orkney Snork Nie (Die Moewie) vrygestel is. Die rolprent se ondertitel is: Nog 'n Moewie.'Orkney' is voddery met plek-plek 'n lag, Beeld, 30 Desember 1993

Genre Die rolprent is 'n lekkerlag komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel.

Hoofrolspelers Zack du Plessis as Hendrik van Tonder Annette Engelbrecht as Maggie van Tonder Sally Campher as Yolanda (bynaam: Yollie), Ouboet se vrou Frank Opperman as Ouboet

Storielyn In die rolprent ontaard 'n onskuldige Myn-kursus in Johannesburg in 'n dekadente orgie wanneer Hendrik en Spike die "jackpot" op Turfontein wen. Hulle vier hulle nuutgevonde rykdom in styl, maar verloor baie meer as wat hulle wen. Swendelaars beroof en bedrieg hulle. Die myn dank hulle af en hulle vrouens verbied hulle om huis toe te kom.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente