Die Kafuerivier is een van die groter sytakke van die Zambezirivier. Die rivier is in Zambië geleë en is ook die langste rivier in Zambië, ongeveer 960 km lank.

Die rivier dreineer 'n area van 155,000 km² en het 'n gemiddelde stroomvloei van 320 m³/s deur die onderste gedeelte met groot seisoenale verskille. Dit lewer sowat 10 km³ water per jaar aan die Zambezirivier.

Die rivier ontspring op 'n hoogte van 1 350 m op 'n plato net suid van die grens tussen Zambië en die Demokratiese Republiek van die Kongo, 120 km noordwes van die Koperstreek en vloei in die Zambezirivier in onder die Karibadam.

Vislewe duimnael|links|Die Kafuerivier word oorgesteek.

Die rivier is ryk aan vis en van die bekendste spesies wat voorkom is: Bruinkol-kurper Kafue-kuilvissie Kafue-kurper Verskeie ghieliemientjies

Daar kom ook 'n groot verskeidenheid kurpers en skreeubabers in die rivier voor.

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Riviere in Zambië