Die Reënboog-kuilvissie (Nothobranchius rachovii) is 'n varswatervis wat voorkom in die kusvlaktes naby Beira, Mosambiek en in panne van die Krugerwildtuin. In Engels staan die vis bekend as die Rainbow killifish.

Voorkoms Die mannetjie het 'n rooi kop met turkoois strepe in en die skubbe is turkoois in die middel met rooi rante. Die vis word tot 60 mm lank.

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Eksterne skakel Fishbase – Nothobranchius rachovii

Bron Paul Skelton: A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. 2001.

Kategorie:Beenvisse