Messier 70 of M70 (ook bekend as NGC 6681) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is in 1780 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
M70 is sowat 29 400 ligjare van die Aarde af en naby die middelpunt van die Melkweg. Dit is min of meer dieselfde grootte en helderheid as sy buurman, M69. Die swerm bevat net twee bekende veranderlike sterre.
Eksterne skakels SEDS: Messier 70 Messier 70, Galactic Globular Clusters Database page
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
70070
Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Boogskutter (sterrebeeld)