John Napier, ook bekend onder die naam John Neper (1 Februarie, 1550 - 4 April 1617), was 'n Skotse wiskundige wat veral bekend geword het vir die uitvinding van logaritmes. Hy is gebore in Edinburg.
Hy was die seun van Archibald Napier, 'n bekende waarnemende regter en eienaar van die Skotse landgoed Merchiston. John studeer aan die St Andrews universiteit, maar spandeer ook 'n geruime tyd in ander Europese lande waar hy vermoedelik sy studies voortgesit het.
Hy was 'n oortuigde protestant en het 'n passie vir teologie gehad. In 1593 publiseer hy 'n religieuse werk met die titel Plaine Discovery of the Whole Revelation of St. John wat in Nederlands, Frans en Duits vertaal is, waarna hy ook op die vasteland bekendheid verwerf het.
Hy het hoofsaaklik wiskunde uit die liefde vir die saak beoefen.
Lys van werke (1593) A Plaine Discovery of the Whole Revelation of St. John (1614) Mirifici logarithmorum canonis descriptio (Edward Wright se Engelse vertaling is in 1616 gepubliseer). (1617) Rabdologiæ seu Numerationis per Virgulas libri duo (1619) Mirifici logarithmorum canonis constructio (geskryf voor die Descriptio; deur sy seun Robert gepubliseer) (1839) De arte logistica
Kategorie:Skotse wiskundiges Kategorie:Wiskundiges in die 16de eeu Kategorie:Wiskundiges in die 17de eeu Kategorie:Geboortes in 1550 Kategorie:Sterftes in 1617