Alles sal regkom is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1951 vrygestel is. Pierre de Wet het die regie behartig en die hoofrolspelers was Frederik Burgers, Al Debbo en Jan Jordaan.
Genre Die rolprent is 'n komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
Hoofrolspelers Frederik Burgers as Mnr. Spog Al Debbo as Mnr. Poel Jan Jordaan Hendrik Susan
Storielyn Mnr. Spog en Mnr. Poel het snaakse maniertjies, maar hulle het groot harte en hulle doen omtrent alles in Spoggenpoelville. As iemand 'n skaap wil laat skeer, doen hulle dit, al lyk die skaap daarna soos 'n Franse poedel! As iemand se skuur afbrand, is hulle die brandweermanne wat eers alle papierwerk afhandel voordat hulle op hul noodtog vertrek. Hulle is ook die versekeraars, die burgemeester sowel as die onderburgemeester. Maar, wanneer twee ontwikkelaars hul vreedsame leefwyse kom versteur, moet Spog en Poel wys waartoe hulle regtig in staat is. Hoe sal hierdie twee goedhartige maar dom stadsvaders vaar?
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Eksterne skakels IMDB fliek databasis
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente