Nikola Tesla (* 10 Julie 1856, Smiljan, Keiserryk Oostenryk – † 7 Januarie 1943, New York, VSA) was 'n Serwies-Amerikaanse uitvinder, fisikus, meganiese ingenieur, elektroniese ingenieur en futuris. Hy is bekend vir sy bydraes tot die moderne wisselstroom-elektriese toevoerstelsel (AC). Tesla se patente en teoretiese werk het gehelp om die basis te vorm vir koordlose kommunikasie en die radio. Sy vele revolusionêre ontwikkelings in die studiegebied van elektromagnetisme is gebaseer op Michael Faraday se teorieë van elektromagnetiese tegnologie.
Tesla, die seun van Serwiese ouers, is gebore in die dorpie Smiljan (hedendaagse Kroasië) as onderdaan van die Keiserryk Oostenryk; hy het later ’n Amerikaanse burger geword. As gevolg van sy demonstrasie in 1894 van kortafstand koordlose kommunikasie deur radio en sy uiteindelike oorwinning in die “Oorlog van die strome” is hy wyd gerespekteer as een van die grootste elektroniese ingenieurs wat in Amerika gewerk het. Hy was die pionier van moderne elektroniese ingenieurswese en baie van sy ontdekkings was baanbrekerswerk. Gedurende hierdie tyd in die VSA was Tesla net so gewild as enige ander uitvinder of wetenskaplike in die geskiedenis van populêre kultuur. Tesla het koordlose energieoordrag om elektroniese toestele van krag te voorsien, in 1891 gedemonstreer en daarna gestreef om interkontinentale koordlose oordrag van industriële krag in sy onvoltooide Wardenclyffe-toringprojek te behaal.
In die 1930’s, naby die einde van sy lewe, het Tesla homself begin afsonder. Hy het alleen in New York gaan woon in ’n hotelkamer en het slegs per geleentheid verskyn om ongewone persverklarings te doen. Donald Clarke, Mark Dartford, Die nuwe geïllustreerde wetenskap en uitvindingsensiklopedie: hoe dit werk: Volume 24, 1994, page 3332 Emily J. McMurray, Jane Kelly Kosek, Roger M. Valade, Noemenswaardige Twintigste-eeuse wetenskaplikes: S-Z, Gale-navorsing, 1995, bladsy 2000 Weens sy uitsprake en die aard van sy werk oor die jare, het Tesla ’n reputasie opgebou as die kenmerkende “mal wetenskaplike”. Hy is op 7 Januarie 1943 brandarm en belas met skuld, oorlede.
Tesla se werk het na sy dood in die vergetelheid verval maar sedert die 1990’s het sy reputasie ’n terugkeer in die populêre kultuur ervaar. In 2005 is hy onder die top 100 kandidate in die televisieprogram “Die Grootste Amerikaner” gelys, soos gestem deur ’n gewildheidstemming met ope toegang wat deur AOL en The Discovery Channel aangebied is.
Die SI-eenheid vir magnetiese velde B (daar word ook na verwys as die magnetiese vloeddigtheid en magnetiese induksie), die tesla (T), is na hom vernoem (tydens die Algemene Konferensie vir Mate en Gewigte in Parys in 1960).
Vroeë jare (1856–1885) duimnael|links|Die huis waain Tesla gebore is (gemeentesaal) in Smiljan en die kerk waar sy vader ’n priester was. 150px|duimnael|regs|Tesla se dooprekord, c. 28 Junie 1856.
Tesla is gebore op 10 Julie (O.S. 28 Junie) 1856 as die seun van Serwiese ouers in die dorpie Smiljan, Keiserryk Oostenryk (hedendaagse Kroasië). Sy vader, Milutin Tesla, was ’n priester in die Serwiese Ortodokse Kerk Tesla se moeder, Đuka Tesla (née Mandić), wie se vader ook ’n priester in die Serwiese Ortodokse Kerk was, het tuisnywerheidgereedskap gemaak en Serwiese epiese gedigte gememoriseer hoewel sy nooit geleer lees het nie. Tesla se voorouers het van Wes-Serwië naby Montenegro gekom.
Nikola was die vierde van vyf kinders. Sy ouer broer, Dane, is oorlede tydens ’n perdry-ongeluk toe Tesla vyf was. Hy het drie susters, Milka, Angelina en Marica gehad. Sommige bronne meen dat Tesla die perdry-ongeluk veroorsaak het deur die perd die skirk op die lyf te jaag.
In 1861 het Tesla die Krajina Laerskool in Smiljan bygewoon waar hy Duits, rekenkunde en godsdiens geleer het. In 1862 het die Teslagesin na Gospić verhuis waar Tesla se vader as pastoor gewerk het. Tesla het laerskool voltooi en is na die Gospić-gimnasium of Normaalskool.
In 1870 het Tesla na Karlovac, Kroasië verhuis om aan die Karlovac-gimnasium te studeer, waar sy wiskunde-onderwyser, Martin Makulić, hom grootliks beïnvloed het. Hy het die vermoë gehad om integraalrekene uit sy kop te doen wat daartoe gelei het dat sy onderwysers gedink het hy is oneerlik. Hy het ’n vierjaartermyn in drie jaar voltooi en hoërskool in 1873 klaargemaak. Hierna is Tesla terug na sy tuisdorp, Smiljan. Kort na sy aankoms het hy cholera opgedoen; hy was bedlêend vir nege maande en het by die dood omgedraai. Tesla se vader het in ’n oomblik van wanhoop ingestem om hom na die beste ingenieurskool te stuur indien hy van die siekte herstel.
In 1874 het Tesla drie jaar diensplig ontduik deur na Tomingaj naby Gračac te gaan. Gedurende hierdie periode het hy die berge verken. Tesla reken dat hierdie kontak met die natuur hom geestelik en fisies sterker gemaak het. Hy het baie boeke gelees terwyl hy in Tomingaj was en beweer dat die werke van Mark Twain hom gehelp het om van sy siekte te herstel.
In 1875 het Tesla ingeskryf by die Tegniese Universiteit Graz (Oostenrykse Politegnikum) in Graz, Oostenryk met ’n militêre beurs. Gedurende sy eerste jaar het Tesla nooit ’n klas gemis nie, die hoogste punte moontlik verdien, nege eksamens geslaag, (naastenby dubbel soveel as wat vereis word ), ’n Serwiese kultuurkulb begin, en selfs ’n aanbevelingsbrief van die dekaan van die tegniese fakulteit aan sy vader ontvang waarin vermeld word: “U seun is 'n eersterangse ster.” Tesla het sonder uitsondering tussen 03:00 tot 23:00 gewerk. Tesla was egter teleurgesteld toe sy vader sy prestasies as onbelangrik afgemaak het. Nadat sy vader oorlede is het Tesla ’n pak briewe gekry wat sy professore aan sy vader geskryf het waarin gewaarsku word dat Tesla sal sterf weens uitbranding indien hy nie van die universiteit verwyder word nie. Gedurende sy tweede jaar het Tesla met professor Poeschi gebots oor die Gramme-dinamo, toe Tesla voorgestel het dat kommutatore nie nodig was nie. Aan die einde van sy tweede jaar het Tesla sy beurs verbeur en ’n dobbelverslaafde geword. Hy het die verslawing oorkom nadat hy al sy besittings verloor het. Naby die einde van sy eerste jaar het Tesla nie meer klasse bygewoon nie en hy het die volgende jaar sy studies gestaak.
In Desember 1878 het Tesla Graz verlaat en alle bande met sy gesin gesny. Sy vriende het gedink dat hy in die Murrivier verdrink het. Tesla is na Maribor (in die huidige Slowenië) waar hy as tegniese tekenaar werk gekry het. Tesla het al sy tyd in ’n kroeg spandeer waar hy kaarte en skaak gespeel het. In Maart 1879 het sy vader na Marburg gegaan en gepleit dat Tesla terugkom huistoe, maar Tesla het geweier. Tesla het in hierdie tyd ’n senuwee-ineenstorting gehad.
Op 24 Maart 1880 is Tesla onder polisiebegeleiding terug na Gospić omdat hy nie ’n verblyfpermit gehad het nie. Op 17 April 1880 is Tesla se vader oorlede nadat hy ’n onbekende siekte opgedoen het. Gedurende hierdie jaar het Tesla by sy ou hoërskool klas gegee. In Januarie 1880 het twee van Tesla se ooms genoeg geld bymekaar gemaak sodat hy na Praag kon vlug. Tesla kon egter nie by die Karelsuniversiteit in Praag inskryf nie omdat hy te lank daarmee gedraal het, hy het ook nooit aan die vereiste van Grieks as taal voldoen nie en hy was ook ongeletterd in Tsjeggies, wat ’n vereiste was. Tesla het lesings aan die universiteit as ’n toehoorder bygewoon, maar nie ’n graad ontvang nie.
In 1881 het Tesla na Boedapest verhuis om vir Ferenc Puskas by ’n telegraafmaatskappy, die Boedapest Telegraafuitwisseling, te gaan werk. Met sy aankoms het Tesla besef dat die maatskappy, toe nog onder konstruksie, nie funksioneel was nie, en hy het besluit om liewer in die Sentrale Telegraafkantoor te gaan werk. Binne ’n paar maande was die Boedapest Telegraafuitwisseling funksioneel en in werkende toestand, en hy is aangewys as hoofelektrisiën. Gedurende die tyd wat hy daar gewerk het, het hy baie verbeterings aangebring aan die toerusting van die Sentrale Stasie en ’n telefoon-herhaler of versterker vervolmaak. Dit is egter nooit gepatenteer of in die openbaar beskryf nie.
Werk vir Edison in Frankryk en die VSA duimnael|Tekening van wat die beginsel van Tesla se wisselstroommotor illustreer In 1882 het hy na Parys verhuis om as ingenieur te werk vir die Continental Edison-maatskappy, waar hy verbeterings op elektroniese toerusting ontwerp het. Tesla het daarna agter Edison aan na Amerika gereis en op 6 Junie 1884 in New York Stad aangeland, met vier sent in sy sak, ’n aanbevelingsbrief, ’n paar gedigte en die oorblyfsels van sy besittings. Sy tog oor die Atlantiese Oseaan was nie aangenaam nie aangesien sy kaartjie, geld en sommige van sy bagasie gesteel is. Hy is ook amper oorboord gegooi nadat ’n muitery op die skip uitgebreek het.
In die aanbevelingsbrief van Charles Batchelor, ’n voormalige werkgewer, aan Thomas Edison, het Batchelor na bewering geskryf: “Ek ken twee groot manne en jy is een; die ander is hierdie jong man”, maar die presiese inhoud van die brief word betwis in McNichol se boek. Tesla is deur Edison gehuur om vir sy Edison Machine Works te werk. Tesla se werk daar het begin met eenvoudige elektroniese ingenieurswerk en het vinnig aanbeweeg na die oplos van die maatskappy se ingewikkeldste probleme. Die voorstel is selfs aan Tesla gemaak om die maatskappy se gelykstroomopwekker te herontwerp.
In 1885 het Tesla beweer dat hy Edison se oneffektiewe motor en opwekkers kon herontwerp sodat hulle sou verbeter in diens en meer ekonomies sou wees. Volgens Tesla was Edison se reaksie hierop “Ek gee jou vyftig duisend dollar indien jy dit kan doen”. Dit is gekonstateer as ’n vreemde stelling deur Edison wie se maatskappy suinig was en nie daardie hoeveelheid geld gehad het nie. Na maande se werk het Tesla uiteindelik die taak voltooi en navraag gedoen oor die betaling. Edison het gemeen dat hy dit as ’n grap bedoel het en gesê: “Tesla, jy verstaan nie ons Amerikaanse humor nie”. Edison het ’n salarisverhoging van $10 per week (op Tesla se $18) voorgestel maar Tesla het dit geweier en onmiddellik bedank.
Middeljare (1886–1899) duimnael|senter|Demonstrasie van die koordlose oordrag van krag en energie gedurende sy lesing in 1891 oor hoë frekwensie en potensiaal Elektromeganiese toestelle en beginsels wat deur Nikola Tesla ontwikkel is:
Verskeie toestelle wat draaivelde gebruik (1882) Die induksiemotor, roterende transformators, en "hoë" frekwensie dinamo Die Tesla-transformator, sy vergrotende sender en ander maniere om die intensiteit van elektroniese trillings te verhoog (insluitend kondensor ontladingstransformasies en die Tesla-wisselaarRoutledge, R., & Pepper, J. H. (1876). Ontdekkings en uitvindings van die negentiende eeu. London: G. Routledge and sons. Page 545.Archie Frederick Collins, Wireless Telegraphy: Its History, Theory and Practice. McGraw publishing company, 1905. Page 131) Wisselstroom langafstand elektriese oordragstelsel Tesla, Nikola, "’n Nuwe stelsel van wisselstroommotore en transformators". American Institute of Electrical Engineers, May 1888. (1888) en ander maniere en toestelle vir energie-oordrag Stelsels vir koordlose kommunikasie (voorganger vir die uitvinding van die radio) en radiofrekwensie-ossilators Robotika en die elektriese logiese hek "Tesla se uitvinding van die elektroniese AND-hek". 21st Century Books, Breckenridge, Colorado. (ed., dit het betrekking op elektroniese logiese hekke in die algemeen; en )