Hanyu pinyin (Vereenvoudigde Chinees: 汉语拼音, Tradisionele Chinees: 漢語拼音, pinyin: Hànyǔ pīnyīn, uitspraak: [pʰín ín]) is die amptelike stelsel waarmee Chinese karakters in die Volksrepubliek China, Taiwan (Republiek China), Singapoer en Maleisië in die Latynse alfabet getranskribeer word. Dit word algemeen gebruik om Standaard-Chinees te leer en om Chinese name in buitelandse publikasies te spel. Dit word ook as 'n invoermetode gebruik om Chinese karakters (汉字 / 漢字, hànzì) op rekenaars te skryf.

Die pinyinstelsel is in die 1950's ontwikkel en is op vroeë vorme van romanisering gebaseer. Dit is in 1958 deur die Chinese regering gepubliseer en is sedertdien etlike male hersien. Die Internasionale Standaardeorganisasie het pinyin in 1982 as die standaard aanvaar. Die stelsel is in 2009 in Taiwan in gebruik geneem, waar dit algemeen as die Nuwe Fonetiese Stelsel bekend staan en slegs vir romanisering en nie vir opvoedkundige of rekenaarinvoerdoeleindes gebruik word nie.

Hànyǔ beteken die gesproke taal van die Han-mense, en pinyin beteken "gespelde klank" (fonetiek).

Die teenoorgestelde proses, d.i. transkripsie van Latynse letters na Chinees, geniet slegs semi-amptelike status en is hewig inkonsekwent weens die groot aantal homofone in Mandaryn-Chinees.

Verwysings

Verdere leesstof Yin Binyong 尹斌庸 en Mary Felley (1990). Chinese romanisering. Uitspraak en ortografie (Hanyu pinyin he zhengcifa 汉语拼音和正词法). Beijing: Sinolingua. / . Gao, J. K. (2005). Pinyin shorthand: a bilingual handbook = [Pinyin su ji fa]. Dallas, TX: Jack Sun. Kimball, R. L. (1988). Quick reference Chinese: a practical guide to Mandarin for beginners and travelers in English, Pinyin romanization, and Chinese characters. San Francisco, CA: China Books & Periodicals.

Wu, C.-j. (1979). The Pinyin Chinese–English dictionary. Hong Kong: Commercial Press.

Eksterne skakels Aanlyn Chinees na Pinyin-oorskakeling met toonsyfers of toontekens en gerekenariseerde uitspraak Klank van pinyin vanaf zdic.net; benodig JavaScript Pinyin-Hanzi-Engels, Chinees-Engelse woordeboek Pinyin-Engelse nuusopsomming vir leerders van Chinees Gratis pinyintutoriaal (Chinees en ander) Basiese reëls vir Hanyu pinyinortografie (Nasionale Standaard van die Volksrepubliek China (ICS 01.140.10), 1996) Interaktiewe pinyintabel Standaard Mandarynse pinyinkaart pinyinAID Basiese reëls vir Hanyu pinyinortografie deur Zhou Youguang (Pinyin.info) Tabel van kombinasies van inisiales en finales (Pinyin.info) Chinese teksannotasie Gratis Chinese aanlyn uitspraakhulpmiddel Pinyinluistertoets vir vier tone Pinyintoonherkenningstoets Pinyin-oudio vir Google Vertaal (mp3-lêers) 1 243 verskillende lettergrepe en tone Pinyinuitspraakverfrissing

Kategorie:Chinees