Die Basketball Arena is 'n sportsaal in die Olimpiese Park in Stratford, Londen. Die sportsaal is gebruik vir die Olimpiese Somerspele en die Paralimpiese Somerspele van 2012.
Die Basketbal Arena is in 2011 geopen en bied sitplek vir 12 000 toeskouers.
Naas al die basketbal-wedstryde is die halfeindstryde en eindstryd van die handbal-items hier gespeel.
Tydens die Paralimpiese Spele is die Arena vir rolstoel-basketbal en rolstoel-rugby ingespan.
Die Arena sal na afloop van die Spele afgebreek en elders in die Verenigde Koninkryk herbou word.
Kategorie:Sportgeriewe in Londen Kategorie:Stadions in Engeland Kategorie:Olimpiese stadions Kategorie:Basketbal