Hierdie artikel handel oor die algemene begrip van kuns. Vir die groep kreatiewe vakgebiede, sien Die kunste. 300px|duimnael|Anne Vallayer-Coster: 'Die bykomstighede van skilderkuns, beeldhoukuns en argitektuur'. 1769, olieverf op doek. Kuns is die uiteenlopende terrein van menslike kreatiewe aktiwiteite en die gevolg of resultaat van daardie aktiwiteite. Sedert die verligting in die 17de eeu word met kuns bedoel, die skone kunste, en word dit rofweg onderverdeel in:

Beeldende kunste met die klassieke genres van die skilderkuns, grafiese kuns, beeldhoukuns, argitektuur en verskillende kleiner vorme, en sedert die 19de eeu kuns of toegepaste kuns wat aansluit by kunshandwerk. Argitektuur word heeldikwels ook onder sierkuns ingedeel weens die belangrike rol wat dit vervul in die praktiese aspekte van ontwerp. Musiek met die hoofafdelings van komposisie en interpretasie in vokale en instrumentale musiek. Letterkunde met die hoofgenres van die epos, drama, poësie en essay skryf. Uitvoerende kunste met die vernaamste afdelings van teater, dans en film.

Tot met die 17de eeu is met kuns bedoel enige bedrewenheid of meesterskap, en daar is nie onderskeid getref tussen kunshandewerk of wetenskappe nie. In die moderne era word die skone kunste, waar estetiese oorwegings van groter belang is, onderskei van aangeleerde vaardighede in die algemeen, en die sierkuns of toegepaste kuns.

Kuns is al gekarakteriseer in terme van mimesis, uitdrukking, kommunikasie van emosie of ander waardes. Tydens die Romantiese era, is kuns gesien as 'n "spesiale fakulteit van die menslike verstand wat geklassifiseer kan word saam met godsdiens en wetenskap. Ofskoon die definisie van wát kuns behels betwis word en met verloop van tyd al verander het, vermeld algemene beskrywings die idee van menslike toedoen en skepping deur verbeeldingskrag en tegniese vaardigheid.

Die aard van kuns en verwante begrippe soos kreatiwiteit en vertolking word verken in 'n vertakking van filosofie genaamd estetika.

Kreatiewe kuns en die skone kunste

Volgens 'n breë definisie van kuns, bestaan artistieke werke al amper so lank soos die mensdom self: van vroeë prehistoriese kuns tot kontemporêre kuns; hoe dit ook al sy, beperk sommige teorieë die konsep tot moderne Westerse samelewings. Die eerste en ruimer betekenis van die woord kuns is die een wat naaste gebly het aan die ouer Germaanse betekenis, en breedweg vertaal kan word as "vaardigheid","kennis","wysheid" of "handewerk." 'n Paar voorbeelde waar die betekenis in hierdie breër betekenis voorkom sluit in kunsmatig, kunsgreep, medisinale kuns, en krygskuns. Hoewel daar heelwat ander alledaagse gebruike vir die woord is, is alles op 'n manier verwant aan die woord se etimologie. Die woord "kunst" is afgelei van die Nederlandse werkwoord "kunnen" wat in Afrikaans "kan" geword het. Dit dra die betekenis van die vermoë en kennis om iets te doen.

duimnael|240px|20ste-eeuse Rwandese bottel. Kunswerke kan funksioneel wees, addisioneel tot die dekoratiewe waarde.

Volgens Middeleeuse filosofie, was John Chrysostom van mening dat "die woord kuns net toepaslik moet wees op dit wat na middele en steunpilare van die lewe toe bydra en lewer." Thomas Aquinas, betreffende die verfraaiing van vroue, lewer 'n etiese regverdiging oor hoekom: "In die geval van kuns wat gerig is op die maak van goedere wat mans nie sonder sonde kan gebruik nie, volg dit dat die vakmanne sondig in die skep van sulke dinge, aangesien hulle ander direk van die geleentheid voorsien om te sondig; byvoorbeeld as 'n man afgodsbeeldjies maak of enige iets wat betrekking het op afgodiese aanbidding. Maar, in die geval van kuns waarvan die produkte vir òf goed òf sleg aangewend kan word, soos swaarde, pyle ensovoorts, is die beoefening daarvan nie sonde nie. Slegs dit kan kuns genoem word." Aquinas was van mening dat kuns niks anders is nie as "die regte rede rondom sekere werke wat gemaak moet word," en dit is aanbevelenswaardig, nie vir die wil waarmee die vakman 'n werk lewer nie, "maar vir die kwaliteit van die werk. Kuns, daarom eintlik gesê, is 'n werksgewoonte." Aristoteles en Aquinas onderskei dit van die verwante gewoonte van verstandigheid.

Die tweede en mees onlangse begrip van die woord kuns is as 'n verkorting vir skeppende kuns of skone kunste en het in die vroeg 17de eeu ontstaan. Skone kunste beteken dat 'n vaardigheid gebruik word om 'n kunstenaar se kreatiwiteit uit te druk, of tot 'n gehoor se estetiese ontvanklikheid te spreek, of om die gehoor se aandag te lei na die oorweging van die skoner dinge.

Die woord kuns kan na verskeie dinge verwys: 'n studie van skeppende vaardigheid, 'n proses in die gebruik van skeppende vaardigheid, 'n produk van skeppende vaardigheid, of die gehoor se ondervinding met die skeppende vaardigheid. Die skeppende kuns (kuns as dissipline) is 'n versameling van dissiplines wat kunswerke (kuns as objekte) lewer, genoodsaak deur 'n persoonlike dryfveer (kuns as aktiwiteit), 'n boodskap, stemming of simboliek oordra aan die besigtiger vir interpretasie (kuns as belewenis). Kuns is 'n verskynsel wat 'n indiwidu se gedagtes, emosies, oortuiginge of idees stimuleer deur die sintuie. Kunswerke kan uitsluitlik geskep word vir hierdie doel, of geïnterpreteer word op grond van beelde en voorwerpe. Hoewel die toepassing van wetenskaplike kennis, vaardigheid verg en uitvloei op die "skep" van iets nuuts, dit slegs wetenskap verteenwoordig en nie as kuns gekategoriseer word nie.

Dikwels, indien die bedrewenheid in 'n algemene of praktiese manier aangewend word, sal mense dit as handewerk beskou eerder as kuns. Net so, as die vaardigheid gebruik word in 'n kommersiële of industriële manier, kan dit as handelskuns in stede van skone kuns gesien word. Aan die ander kant, word bedrewenheid en ontwerp soms as toegepaste kuns beskou. Sommige volgelinge van kuns argumenteer dat die verskil tussen skone kunste en toegepaste kuns meer te doen het met die waardebeoordeling gemaak oor die kunswerk, as enige duidelike definisieverskil. Nogtans het selfs skone kunste doelwitte buite suiwere kreatiwiteit en uitdrukking van innerlike gevoelens. Die doel van kunswerke kan wees om idees te kommunikeer, soos met polities-, spiritueel- of filosofiesgemotiveerde kuns; vir die skep van 'n besef van skoonheid (sien estetika); om die aard van persepsie te ondersoek; vir plesier; of om sterk emosies op te wek. Die doel hoef ook oënskynlik nie te bestaan nie.

Die wese van kuns is deur die filosoof Richard Wollheim beskryf as "een van die mees ontwykende van die tradisionele probleme van menslike kultuur". Kuns is al beskryf as 'n medium vir die uitdruk of oordra van emosies en idees, 'n metode vir die verkenning en waardering van formele elemente vir hul eie onthalwe, en as mimesis of voorstellings. Kuns as mimesis het diep wortels in die filosofie van Aristoteles. Goethe het kuns gedefinieer as 'n ander respektiewelik 'n tweede natuur, volgens sy ideaal van 'n styl gegrond op die basiese fondamente van insig en die diepste karakter van dinge. Leo Tolstoi identifiseer kuns as die gebruik van indirekte middele om te kommunikeer van een persoon na 'n ander. Benedetto Croce en R.G. Collingwood bevorder die idealistiese siening dat kuns emosies uitdruk, en dat die kunswerk daarom essensieel bestaan in die maker se gedagtes.R.G. Collingwood's view, expressed in The Principles of Art, is considered in Wollheim, op. cit. 1980 pp 36–43 Die teorie van kuns as vorm, se wortels lê in die filosofie van Immanuel Kant, en is ontwikkel in die vroeg 20ste eeu deur Roger Fry en Clive Bell. Meer onlangs het denkers, beïnvloed deur Martin Heidegger, kuns geïnterpreteer as die middel waardeur 'n gemeenskap 'n medium ontwikkel vir selfuiting en interpretasie. George Dickie het 'n institusionele teorie van kuns gebied wat 'n kunswerk omskryf as enige artefak waaraan "die status van kandidaat vir waardering" verleen word, deur 'n gekwalifiseerde persoon of persone wat optree namens die sosiale instelling wat algemeen na verwys word as "die kunswêreld". Larry Shiner beskryf skone kunste as "nie 'n essensie of 'n bestemming nie, maar iets wat ons gemaak het. Kuns soos ons dit algemeen verstaan het, is 'n Europese uitvinding skaars tweehonderd jaar oud.”

Geskiedenis

duimnael|links|200px|Venus van Willendorf, circa 24 000–22 000 jaar gelede Beeldhouwerke, grotskilderye, rotstekeninge en petrogliewe uit die Laat-Paleolitiese-tyd ongeveer 40 000 jaar gelede is al gevind, maar die presiese betekenis van sulke kuns word gereeld betwis aangesien min kennis beskikbaar is oor die kulture wat daarvoor verantwoordelik was. Die oudste kunsobjek in die wêreld — 'n reeks klein deurboorde slakdoppe ongeveer 75 000 jaar oud — is gevind in 'n Suid-Afrikaanse grot. Houers wat moontlik gebruik is om verf te stoor, dalk 100 000 jaar oud, is ook al gevind.

duimnael|200px|Grotskildery van 'n perd uit die Lascaux-grotte, circa 16 000 jaar gelede

Heelwat vername kunstradisies se wortels lê in een van die groot antieke beskawings: Antieke Egipte, Mesopotamië, Persië, Indië, China, Antieke Griekeland, Rome asook die Inka, Maja en Olmeke. Elk van hierdie vroeë beskawingsentra het 'n unieke en kenmerkende styl in sy kunste ontwikkel. As gevolg van die grootte en langdurigheid van die beskawings het meer van hul kunswerke behoue gebly, en is hul invloed oorgedra aan ander beskawings en latere eras. Sommige het ook die eerste aantekeninge verskaf van hoe kunstenaars te werk gegaan het. Die tydperk van Griekse kuns openbaar byvoorbeeld 'n verering van die mens se fisiese vorm en die ontwikkeling van verwante vaardighede om muskulatuur, houding, skoonheid en anatomies korrekte verhoudings akkuraat weer te gee.

In Bisantynse en Middeleeuse kuns van die Westerse Middeleeue is heelwat gefokus op die uitbeelding van Bybelse en godsdienstige waarhede, en is style gebruik wat die verhewe glorie van 'n hemelse wêreld vertoon, soos met die gebruik van goud op die agtergrond van skilderye, of glas in mosaïek of vensters, wat ook figure voorstel in idealistiese patroonvorms. Nieteenstaande het 'n klassieke realistiese tradisie bly voortbestaan in mindere Bisantynse werke en het realisme bestendig gegroei in Katoliek-Europese kuns.

Renaissance-kuns het oordrewe toegenome klem gelê op die realistiese uitbeelding van die materiële wêreld, en die mens se plek daarin, afgespieël in die lyflikheid van die menslike liggaam, en die ontwikkeling van 'n sistematiese metode van grafiese voorstelling om diepte uit te beeld in 'n drie-dimensionele afbeeldingruimte.

duimnael|200px|Die gestileerde handtekening van Sultan Mahmoed II van die Ottomaanse Ryk is geskryf in Arabiese kalligrafie. Dit lees Mahmud Khan seun van Abdulhamid is vir ewig seëvierend. duimnael|200px|Die beroemde Moskee van Kairouan (ook bekend as die Moskee van Uqba) is een van die puikste, mees beduidende en bes behoue artistieke en argitektoniese voorbeelde van die vroeë vername moskeë; in sy huidige toestand gedateer uit die 9de eeu, dit is die voorganger en model van alle moskeë in Wes-Islamitiese lande. Die moskee is geleë in Kairouan in Tunisië.