Die Aquatics Centre (Akwatiese Sentrum) is die fasiliteit waar verskillende swemitems tydens die Olimpiese Somerspele en daaropvolgende Paralimpiese Somerspele van 2012 beoefen is. Hierdie stadion is in die Olimpiese Park in Stratford, Londen in die Verenigde Koninkryk geleë.

Die stadion is op 27 Julie 2011, presies een jaar voor die aanvang van die Spele, amptelik geopen. Tydens die opening het Thomas Daley die swembad ingewy deur 'n duikslag vanaf die 10-meter toring uit te voer.

Die stadion is deur Zaha Hadid ontwerp en beskik oor twee Olimpiese grootte Swembaddens en 'n aparte duik-swembad. Die gebou het 'n opvallende argitektuur en is die eerste stadion wat besoekers sien soos hulle die park binnekom.

Wedstryde Tydens die Somerspele is die volgende dissiplines in die Akwatiese Sentrum beoefen: Duik Gesinchroniseerde swem Swem Tydens die Paralimpiese Somerspele is die volgende sport hier beoefen: Swem

Fotogalery

Eksterne skakels

Kategorie:Sportgeriewe in Londen Kategorie:Stadions in Engeland Kategorie:Olimpiese stadions Kategorie:Swembaddens