Die gewone taaibos (Searsia pyroides), voorheen Rhus pyroides, is 'n boom wat feitlik reg oor Suid-Afrika voorkom behalwe die Noord- en Wes-Kaap. Die spesie kom ook in Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Kameroen, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Soedan, Soedan, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe voor.
Beskrywing Die boom groei in 'n groot variëteit van habitats. Dorings is soms teenwoordig. Klein ronde vruggies word deur verskeie voëls geëet, o.a. spreeus, tiptolle, fisante en houtkappers. Ruspes van sommige skoenlapperspesies lewe op die bome.
Subspesies Die spesie het vier subspesies: Searsia pyroides var. dinteri (Engl.) Moffett Searsia pyroides var. gracilis (Engl.) Moffett Searsia pyroides var. integrifolia (Engl.) Moffett Searsia pyroides var. pyroides
Ander name Die boom se Engelse naam is common currant-rhus en sy FSA-nommer 392.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
pyroides Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe