Joel Theodore Stransky (gebore 16 Julie 1967) is 'n voormalige Springbokrugbyspeler. Hy was deel van Suid-Afrika se wenspan tydens die Rugbywêreldbeker 1995, tewens hy het die wenpunte in die eindstryd teen die All Blacks aangeteken.

Vroeë lewe Stransky is in Pietermaritzburg, Suid Afrika gebore. Hy is van Engelse- en Tsjeggiese afkoms; en Joods vanaf sy pa se kant. Hy het sy skoolopleiding by Maritzburg College ondergaan en is afgerig deur Skonk Nicholson, 'n welbekende afrigter in skolerugby. Ná sy militêre diensplig in Pretoria het hy aan die Universiteit van Natal studeer.

Bron Die Kapteins, Edward Griffiths, 2001,

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Boerejode Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense