Die nasionale vlag van Guyana is op 26 Mei 1966 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee driehoeke met hul basisse teen die vlagpaalkant, ’n rooi driehoek met swart fraaiings op ’n geel driehoek met wit fraaiings wat wys in die rigting van die wapperkant, albei op ’n enkele groen baan. Die vlag is deur Whitney Smith, ’n Amerikaner ontwerp, maar was aanvanklik sonder die fraaiings wat later op aanbeveling van die College of Arms van die Verenigde Koninkryk bygekom het.

Simboliek Die kleure van die Guyaanse vlag dra die volgende simboliese waardes: groen stel landbou en woude voor, wit stel riviere en water voor, goud stel die minerale rykdom van Guyana voor, swart stel uithouvermoë voor en rooi stel ywer en dinamika voor.

Ander vlae As deel van die Britse Ryk was Guyana se vlag vir ’n tyd lank die blou Britse vaandel met die koloniale wapen in die wapperkant. ’n Nie-amptelike rooi weergawe is op see gebruik. Die eerste vlag is in 1875 bekendgestel en is in 1906 en 1955 effens verander. Soos alle Britse vaandels was hierdie vlae in die verhouding 1:2.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Guyana by Flags of the World.

Kategorie:Guyana Guyana