200px Daniel Defoe

Engelse skrywer, joernalis en sakeman

Literêre stroming Avontuurroman

Beduidende werke 160px Robinson Crusoe (1719)Moll Flanders (1722) Daniel Defoe ([dænjəl_dɨˈfoʊ]; * circa 1660 as Daniel Foe; † 24 April 1731 in Londen) was 'n Engelse handelaar, skrywer, joernalis en pamfletskrywer wat met sy roman Robinson Crusoe oor 'n skipbreukeling internasionale bekendheid verwerf het.

Saam met ander skrywers soos Samuel Richardson word Defoe as die grondlegger van die moderne Engelse roman beskou, 'n literêre genre wat danksy sy bydrae by lesers gewild geraak het. Defoe was entoesiasties oor die Britse kolonisasie van die Nuwe Wêreld - meer as die helfte van sy romans speel in Amerika af, terwyl kolonisasie ook 'n belangrike onderwerp in sy ekonomiese en joernalistieke werke is.Dennis Todd: Defoe's America. New York, NY: Cambridge University Press 2010, bl. viii Hy was 'n vrugbare en veelsydige skrywer wat meer as 500 boeke, pamflette en joernale oor 'n groot verskeidenheid onderwerpe geskryf het (waaronder politiek, misdaad, godsdiens, huwelik, sielkunde en die bonatuurlike). Hy was daarnaas 'n baanbreker op die gebied van sake- en ekonomiese joernalisme.Google Arts and Culture: Daniel Defoe. Besoek op 26 Augustus 2020

Verwysings

Eksterne skakels

Daniel Defoe en die Geskrewe Grondwet

Bernadette Meyler, Cornell Law School: Daniel Defoe and the Written Constitution

Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Geboortes in 1660 Kategorie:Sterftes in 1731