Jacobus Francois Pienaar (gebore 2 Januarie 1967) is Suid-Afrika se twee-en-veertigste Springbokkaptein en die eerste wat die Rugbywêreldbekertoernooi gewen het.
Jeugjare Sy ouers was Jan-Harm en Valerie Pienaar en hy is die oudste van vier broers. Hy word by die Plattelandse Distrikte skolekrieketspan ingesluit wat in sy matriekjaar in 1984 aan die Nuffieldweek deelneem, en in 1985 haal hy Suidoos-Transvaal se Cravenweekspan. Na skool gaan studeer hy met 'n sportbeurs aan die Randse Afrikaanse Universiteit en behaal 'n LLB-graad.
Rugbyloopbaan Hy word in 1989 vir die destydse Transvaal-span gekies. Francois is in 1993 die eerste keer vir die Springbokke gekies. Hy was kaptein in al 29 toetse waarin hy gespeel het.
Rugbywêreldbeker 1995 Francois Pienaar was die eerste Springbokkaptein wat 'n span moes lei in 'n rugbywêreldbekertoernooi en dit in Suid-Afrika. Hy het dit baie goed gedoen en op 24 Junie 1995 wen sy span die finaal teen die All Blacks. Die eer het hom toegeval om die Webb Ellis-beker van die President van Suid-Afrika, Nelson Mandela, te ontvang.
Bronnelys Die Kapteins, Edward Griffiths, 2001, Pienaar, François, en Edward Griffiths (1999). Rainbow Warrior. Londen: CollinsWillow. Carlin, John (2008). Playing the Enemy: Nelson Mandela and the Game that Made a Nation. New York: Penguin Press.
Eksterne skakels
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Rugbyafrigters Kategorie:Springbokkapteins Kategorie:Alumni van die Randse Afrikaanse Universiteit